Tuin­hulp ver­se­ker ekstra in­kom­ste vir ver­sor­ging­sen­trum

George Herald - - Arts & Entertainment - Eu­ge­ne Gun­ning

Dank­sy die "groen­vin­gers" van 'n wer­ker by die Tui­ni­qua-ver­sor­ging­sen­trum is daar nou 'n paar ekstra ran­de in die in­stan­sie se sak­ke.

Ma­ri­us Piets is 'n tuin­hulp by Tui­ni­qua en op sy i­ni­si­a­tief is daar elke jaar ty­dens die ker­mis 'n plant­jie­ta­fel. Ver­le­de Sa­ter­dag was dit weer so en die stal­le­tjie het baie aan­dag ge­trek. Ala­ni Voigt, sen­trum­hoof van Tui­ni­qua, ver­tel dat die ker­mis ge­hou word om geld in te sa­mel.

Ty­dens die ker­mis is daar 'n wye ver­skei­den­heid van stal­le­tjies wat wis­sel van vleis, ge­bak, groen­te en hand­werk. Daar is ook 'n spring­kas­teel en ge­sig­verf vir kin­ders.

Piets het die i­dee ge­kry om 'n plant­jie­ta­fel by die ker­mis te hê. "Hy werk die he­le jaar daar­aan en hy kweek self die plan­te. Sy han­de­werk by Tui­ni­qua is uit­son­der­lik mooi. Dit gee baie vreug­de vir die ou­er men­se."

Die plan­te is wa­ter­vrien­de­lik en hy gee ver­al aan­dag aan vet­plan­te vir die plant­jie­ta­fel.

Vol­gens Voigt kry Tui­ni­qua die mi­ni­mum staats­on­der­steu­ning. "Geld is soms maar skraps. Ons sa­mel ek­ster­ne geld in om vol­hou­ba­re diens­te te le­wer." Vol­gens haar is die plant­jie­ta­fel en die plant­jies Ma­ri­us se by­drae om ek­ster­ne geld te help ver­se­ker.

Foto: Eu­ge­ne Gun­ning

Plant­jies is Sa­ter­dag ver­koop ty­dens Tui­ni­qua-ver­sor­ging­sen­trum se jaar­lik­se ker­mis Hier is Ala­ni Voigt (links), Tru­die Wol­ma­rans, in­wo­ner en sa­me­roe­per van die plant­jie­ta­fel en Ma­ri­us Piets, tuin­hulp op wie se i­ni­si­a­tief die plant­jies ver­koop is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.