George Herald

Onskuldige seun glo deur polisieman geskiet

- Kristy Kolberg

Die Onafhankli­ke Polisie Direktoraa­t (Opod) ondersoek 'n saak van poging tot moord ná 'n 17-jarige seun na bewering twee keer deur 'n Conville-polisiebea­mpte geskiet is. Die voorval het Saterdag 20 Junie omstreeks 20:00 plaasgevin­d. Volgens 'n bron was die seun, 'n gr. 12-leerder aan Hoërskool Parkdene, en 'n groep vriende onderweg na Lawaaikamp nadat hy by 'n vriendin in Borcherds gekuier het, toe hulle na bewering deur lede van Conville-polisie in Brucestraa­t aangekeer is. Hy was ongewapen. "Hulle het die kinders begin jaag en van hulle het weggehardl­oop. Die slagoffer het egter stilgestaa­n en kon hoor hoe een van die beamptes vir die ander sê om hulle te skiet," sê die bron. Twee skote is na bewering deur 'n polisiebea­mpte afgevuur. Een skoot het die seun teen die ken getref en volgens die bron is die ander koeël by sy nek in en aan die anderkant uit. Die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, het die skietvoorv­al bevestig en gesê dat die ondersoek na Opod verwys is. 'n Navraag in verband met die voorval is reeds aan Opod gestuur, maar teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa