Vra Ju­a­na Mooi­maak­wen­ke van GH se skoon­heids­ken­ner

GH se skoon­heids­ghoe­roe sif deur die nuutste ten­den­se so­dat jy op jou mooi­ste kan lyk én voel!

Goeie Huishouding - - Inhoud - JU­A­NA@AS­SO­CME­DIA.CO. ZA.

V“My blon­de ha­re be­gin al­tyd geel en ko­per­ag­tig lyk ’n paar we­ke na­dat ek dit ge­kleur het. Wat ver­oor­saak dit?” Ha­re wat che­mies lig­ter ge­maak word, is baie po­reus. Dit be­te­ken dat wan­neer jou ha­re met ska­de­li­ke stow­we in aan­ra­king kom, dit dié stow­we kan ab­sor­beer, wat dan dik­wels die kleur ver­an­der en dit geel of ko­per­ag­tig laat lyk. Die groot­ste oor­sa­ke is har­de wa­ter (weens hoë vlak­ke mi­ne­raal­neer­slae), rook, be­soe­de­ling en chloor, wat ha­re dik­wels groen maak. Voor­kom dit deur in ’n kleur­ver­ry­ken­de sjam­poe met sil­wer of pers pig­men­te te be­lê wat die geel on­der­to­ne sal neu­tra­li­seer. Kyk ook uit na ’n sjam­poe wat ke­ra­tien be­vat wat be­ska­dig­de ha­re sal ver­sterk so­dat dit min­der na­de­li­ge goed ab­sor­beer.

WENK Wend ’n die­pop­knap­pings­mas­ker aan voor­dat jy gaan swem of jou ha­re was. Jou ha­re sal so­veel van die goeie be­stand­de­le daar­in ab­sor­beer dat dit min­der van die na­de­li­ge goed sal in­laat en jou kleur dus lan­ger mooi hel­der sal bly.

V“MY VEL VOEL BAIE DROOG, JEUKERIG EN ONGEMAKLIK. DIS AS­OF LYFROME EN BEVOGTIGERS NIE INTREK OF HELP NIE. HET JY RAAD?” Die win­ter kan straf op jou vel wees, ver­al as jy in ’n baie droë ge­bied met lae hu­mi­di­teit woon. Dit kan jou vel se na­tuur­li­ke be­sker­mings­funk­sie ver­swak en tot ’n droë, jeu­ke­ri­ge en skil­fer­ag­ti­ge vel lei. Jy sal waar­skyn­lik ’n bie­tjie ek­stra hulp no­dig hê om jou vel weer nor­maal te kry. Be­gin met ’n lyf­was­mid­del wat u­re­um be­vat wat help om droë vel te ver­sag en af te skil­fer so­dat dit vog kan ab­sor­beer en aan­vul. Wend dan ook ’n lyf­room met u­re­um aan om die vel te help om vog te be­hou en aan te trek. 1

GH kies: (1) (2)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.