Ge­luk­ki­ge ge­sin­ne

Goeie Huishouding - - Van Die Redakteur - Sal­ly E­me­ry RE­DAK­TEUR sal­lye@as­so­cme­dia.co.za VOLG MY @GH_ Sal­ly

’N PAAR JAAR GE­LE­DE

het ons di­gi­ta­le-in­houds­be­stuur­der, Mad­ge, my ver­tel dat sy en haar man el­ke Maan­dag­aand ’n “be­gro­tings­ver­ga­de­ring” hou. Dit be­hels sig­blaaie, lang­ter­myn­be­plan­ning en die be­spre­king van ek­stra uit­ga­wes vir die week, soos e­tes saam met vrien­de, ge­sken­ke, en­so­voorts. Ek het be­lang­stel­lend ge­luis­ter, en vol ver­won­de­ring – mý ge­sin se be­gro­ting is ’n bie­tjie meer luk­raak.

Dit blyk dat Mad­ge en John­ny die tyd voor­uit was. In ons ar­ti­kel “El­ke hu­we­lik kort … ’n ver­ga­de­ring?” op blad­sy 74 kan jy lees hoe af­spraak­aan­de uit is, en ver­ga­de­rin­gaan­de in is – al­les ten ba­te van ’n ge­son­de ver­hou­ding. Ge­reel­de ver­ga­de­rin­gaan­de word be­skou as die sleu­tel tot we­der­syd­se re­spek en be­grip in ’n ver­hou­ding, en dit dien ook as ’n ge­leent­heid om prak­tie­se goed te be­spreek, soos wie die lood­gie­ter gaan bel, waar jul­le in jul stryd met Tel­kom is, of wat in die kin­ders se so­si­a­le le­we aan­gaan.

In ons be­si­ge wê­reld en le­we waar al­bei ga­des ge­woon­lik moet werk, kan ek sien hoe dié i­dee ’n groot ver­skil kan maak. Daar is so dik­wels mis­ver­stan­de in ons huis wat op een­vou­di­ge wan­kom­mu­ni­ka­sie neer­kom. Goed soos: “Wat be­doel jy jy het nie ge­weet ons moet die kin­ders van­aand aan die an­der kant van die stad gaan af­laai nie? Ons be­spreek dit al die he­le week!” (H’m, ja, ék en die kin­ders het dalk daar­oor ge­praat, maar ons het nie be­sef dat my man nie by e­ni­ge van die be­spre­kings teen­woor­dig was nie.) Dis ’n fan­tas­tie­se ar­ti­kel en be­slis iets wat jy in jou eie le­we kan toe­pas vir ’n bie­tjie meer ge­luk­kig­heid in jou ge­sin.

Ge­luk­ki­ge ge­sin­ne het ge­woon­lik ook ge­luk­ki­ge kom­bui­se – dis waar al die bes­te din­ge plaas­vind waar­uit ons ge­sins­le­we be­staan, en vir se­ker waar die bes­te ge­sprek­ke ge­voer word. Op blad­sy 89 sal jy 101 s­lim wen­ke vind wat jou kombuis selfs be­ter sal laat funk­si­o­neer – al­les van nut­ti­ge kort­paaie tot pret­ti­ge kos­nei­gings (as jy die re­ën­boog­roos­ter­brood pro­beer, deel as­se­blief jou fo­to’s met ons), raad wat jou geld sal s­paar en bruik­ba­re ko­pies.

Jy sal selfs meer tyd in jou kombuis wil deur­bring as jy eers die 15 re­sep­te ge­sien het wat plaas­li­ke se­lebs vir ons jaar­lik­se Be­ken­de Bo­baas-bak­kers-ar­ti­kel met ons ge­deel het. Van­jaar het ons hul­le ge­vra vir hul guns­te­lin­g­re­sep wat hul­le by ie­mand spe­si­aals ge­kry het, en ook die sto­rie daar­ag­ter. Hier’s ’n voor­sma­kie van wat op blad­sy 109 wag: Si­ba M­ton­ga­na se ma se aar­bei-a­man­del-en-klap­per­sky­we; die mie­lie­pot­brood­jies wat Zo­la Ne­ne se ou­ma haar ge­leer maak het; die suur­le­moen­ma­dei­ra­koek wat T­jaart Wal­ra­ven die eer­ste keer ge­bak het toe hy 10 jaar oud was; die mal­va­poe­ding wat nou deur die vier­de ge­ne­ra­sie van Su­reshnie Ri­der se fa­mi­lie ge­niet word; en die de­li­ka­te spons­soen­tjies wat C­hef Nti se ma al­tyd vir on­ver­wag­se gas­te aan­me­kaar­ge­slaan het. Dan­kie aan al die ster­re wat hul spe­si­a­le re­sep­te en her­in­ne­rin­ge ge­deel het.

Hoe­kom doen jy nie die­self­de nie? As jy ’n guns­te­ling-ge­bak­re­sep het wat oor ge­ne­ra­sies in jou fa­mi­lie oor­ge­dra is, e-pos dit vir my saam met ’n fo­to en ’n be­skry­wing. Dit sal so lek­ker wees om al jul re­sep­te as ’n le­sers­weer­ga­we van Bo­baas­bak­kers op ons web­werf te plaas.

Lek­ker lees. Lek­ker bak. En moe­nie ver­geet om daar­die ver­ga­de­ring te hou nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.