ME­GA-WATTS

2017 word “Naomi se jaar” ge­noem. RUBY WARRINGTON ge­sels met hier­die ma van twee en ont­dek dat sy, on­danks haar ster­sta­tus, met haar voe­te 100% op die aar­de staan

Goeie Huishouding - - Skoonheidkopies -

dis ’n grou, re­ë­ne­ri­ge og­gend in La­er Man­hat­tan, en Naomi Watts daag ’n paar mi­nu­te ná my op by T­ri­be­ca se G­reen­wi­chho­tel, toe­ge­woel in die klas­sie­ke A-lys-ka­moe­fle­ring: ’n kop­doek en ’n don­ker­bril. Dis ’n plaas­li­ke uit­hang­plek en Naomi ver­kies dit om “dié soort van ding” hier te doen. Ons sit by ’n ta­fel ag­ter ’n glas­af­skor­ting (wat spe­si­aal vir ons ge­re­ser­veer is, blyk dit la­ter) en sy is da­de­lik ge­reed om kof­fie te be­stel. Sy kom pas van jo­ga af en ver­dui­de­lik dit voel nog ’n bie­tjie of sy sweef. “’n Cap­puc­ci­no, as­se­blief?” vra sy. Die kel­ner bly staan, pen ge­reed om die res van haar be­stel­ling te neem. Maar dit word nie deur ’n “vet­vry”, “a­man­del” of “ka­fe­ïen­vry” ge­volg nie. Me. Watts wil net ’n ge­wo­ne cap­puc­ci­no hê, as­se­blief.

Hoe ver­fris­send, en ’n aan­dui­ding van hoe on­pre­ten­si­eus Naomi ag­ter haar ka­moe­fle­ring is. Ter­wyl ons vir ons kof­fie wag, word die lae af­ge­skil – on­der die serp is haar blon­de krul­le in ’n bal­le­ri­na­styl vas­ge­steek en wan­neer sy haar bril af­haal, kyk jy in ’n paar tref­fen­de blou oë. Sy het je­ans en ’n een­vou­di­ge wit bloes aan, haar ge­sig son­der gri­me­ring en ’n ge­son­de blos van die jo­ga. “Dan­kie,” glim­lag sy wan­neer ek haar mooi vel kom­pli­men­teer. Dis te dan­ke aan The Beau­ty C­hef, sê sy, ’n nu­we reeks vel­sorg­pro­duk­te wat ’n mens drink. “Ek kan reg­tig ’n ver­skil sien. Ek gaan dit aan­hou ge­bruik.”

Wat Naomi ook al doen, dit werk. Op 48 lyk sy nie net fan­tas­ties nie, maar haar loop­baan flo­reer, in so ’n ma­te dat sy oor die ta­fel leun om te vra: “Oor wat­ter een wou jy met my ge­sels?” Sy het pas in die eer­ste e­pi­so­de van die nu­we T­win Pe­aks ver­skyn en van­dees­maand speel sy in die veel­be­spro­ke ril­ler The Book of Hen­ry, ge­volg deur nog ’n dra­ma, The Glass Cas­t­le, en dan be­gin die ver­fil­ming van Op­he­lia, ’n her­skep­ping van Ham­let. Sy maak ook haar de­buut op Netflix met Gyp­sy, die “een” waar­oor ons van­dag ge­sels. Dié reeks han­del oor Je­an Hol­lo­way, ’n te­ra­peut wat ’n ob­ses­sie met die men­se in haar pa­si­ën­te se le­we ont­wik­kel. Sy is ge­troud en het ’n per­fek­te le­we “op pa­pier”, maar dan knoop sy ’n ge­waag­de af­fair aan en lei ’n dub­be­le le­we. Net soos The Af­fair en Big Litt­le Lies (laas­ge­noem­de met haar goeie vrien­din­ne Ree­se Wit­her­spoon en Ni­co­le Kid­man in die hoof­rol­le) is dit die soort don­ker, vrou­e­ge­dre­we dra­ma wat die hui­di­ge op­le­wing in pre­mi­um te­le­vi­sie aan­dryf – en as so­da­nig het dit die po­ten­si­aal om ’n nu­we hoof­stuk in Naomi se loop­baan in te lui.

“Daar word weer baie oor te­le­vi­sie ge­praat,” sê sy. “Liev [S­chrei­ber, haar eks­ver­loof­de] het in Ray Do­no­van ge­speel, en hy het dit fas­si­ne­rend ge­vind. Ver­der is dit ook nie ’n won­der­li­ke tyd vir rol­pren­te nie. Men­se wil nie rê­rig geld aan dra­mas be­stee nie. Dis al­les ak­sie­flieks en ko­me­dies.” N ie dat sy reg­tig na ’n pro­jek soos Gyp­sy op soek was nie. “Dit was Sam wat my in­ge­trek het,” sê sy. Sam Tay­lor-John­son is ’ n ja­re lan­ge vrien­din (S­tel­la M­cCart­ney het hul­le aan me­kaar voor­ge­stel) en die re­gis­seur van Gyp­sy. “Ek het nog al­tyd van haar ge­hou. Sy is speels, vu­rig, pret en ’ n wa­re kuns­te­naar. Ek het vol­le ver­troue in haar in­stink. Ons het ’n paar keer so­si­aal ge­kui­er en sy het my ge­vra om die teks te lees. My ge­voel was da­de­lik: ‘ S­joe, dis ’ n ka­rak­ter wat nie ver­ve­lig sal raak nie.’ ” Met te­mas soos i­den­ti­teit, eg­breuk, moe­der­skap, ho­mo­sek­su­a­li­teit, oud­word en ja­loe­sie is Gyp­sy in­der­daad ver van ver­ve­lig af. “Je­an is be­slis nie ’n slag­of­fer nie, maar sy is op ’ n punt in haar le­we waar sy al­les ge­doen het wat sy ge­dink het van haar ver­wag word, en sy het ’n wil­de streep wat sy nog al­tyd in toom moes hou,” sê Naomi, en gee dan ’n lag­gie: “Dit is am­per soos ’n se­de­les. Jy hoef nie ’n af­fair te hê en jou le­we te sien ont­spoor nie; Gyp­sy doen dit na­mens jou.” Sou sy dus sê dat Je­an ’n mid­del­ja­re­kri­sis be­leef? “Ek sou dink dis wat aan die gang is, maar ek wens daar was ’n mooi­er ma­nier om dit te sê,” my­mer sy. “Vir my gaan die le­we oor aanpassing. Sodra jy ’n nu­we plek in jou le­we bereik, kom jy voor ’n vol­gen­de aanpassing te staan. Dis wat Je­an be­leef. En ek kan van­self­spre­kend daar­mee i­den­ti­fi­seer.”

Ek won­der of dit ’n ver­skuil­de ver­wy­sing na die ver­brok­ke­ling van haar ver­hou­ding met Liev is; hul­le was 11 jaar saam en hy is die pa van haar twee seuns, Sasha (10) en Sam­my (8). Dis steeds vars, maar die ge­mak­lik­heid waar­mee sy ver­skeie ke­re in ons ge­sprek na Liev ver­wys, laat dit klink as­of hul­le op goeie voet uit­een is. Hoe voel dit om weer en­kel­lo­pend te wees? “Ek waardeer die be­lang­stel­ling,” skerm sy, “maar ek wil dit graag pri­vaat hou. Kom ek dink hoe ek dit ver­sig­tig kan be­ant­woord.” Sy soek ’n oom­blik na die reg­te woor­de. “Op die oom­blik is ek op ’n plek waar ek be­sig is om te her­stel; ek wil net ons ge­sins­een­heid be­skerm, en tot dus­ver kry ons dit taam­lik goed reg. Ons het baie lief­de en re­spek vir me­kaar en ek het groot ver­troue dat dit só sal bly. Wat uit­gaan be­tref, voel dit op die oom­blik op­per­vlak­kig en teen­pro­duk­tief, en dis nie iets wat nou in my wê­reld pas nie.”

Naomi en Liev het kort ná hul ont­moe­ting in 2005 na New York ver­huis, en sy sê die stad voel soos huis. “Maar ek voel nie A­me­ri­kaans nie. Ek dink my mens­wees was ten vol­le ge­vorm voor­dat ek hier­na­toe ge­kom het.” Naomi is in S­ho­re­ham, Kent, ge­bo­re en het in En­ge­land en Wal­lis ge­woon tot op 14 toe haar ma, ’n oud­he­de­han­de­laar en kos­tuum- en stel­ont­wer­per, hul­le na Syd­ney laat ver­huis het waar Naomi se ou­ma aan moe­ders-

DIE LE­WE GAAN OOR AANPASSING. SODRA JY ’N NU­WE PLEK IN JOU LE­WE BEREIK, KOM JY VOOR ’N VOL­GEN­DE AANPASSING TE STAAN

kant ge­bo­re is. “Ek voel baie En­gels,” sê sy. “My ma en sus­sies terg my, want my ak­sent ver­an­der let­ter­lik ter­wyl ek met hul­le praat. En wan­neer ek met my Aus­tra­lie­se vrien­din­ne ge­sels, ge­beur die om­ge­keer­de!”

Sy was maar se­we toe haar pa, ’n toer­or­ga­ni­seer­der en klan­kin­ge­ni­eur vir Pink Floyd, ver­moe­de­lik weens ’n he­ro­ïe­noor­do­sis ge­sterf het, en sy is deur haar ma en stief­pa groot­ge­maak. Soos baie Aus­tra­lie­se ster­re het Naomi se loop­baan in die se­pie Ho­me and A­way be­gin voor­dat sy Los An­ge­les toe ge­trek het, ’n a­gent ge­kry het en vir klein film­rol­le ge­kies is. Haar deur­braak was in Da­vid Lynch se sur­re­a­lis­tie­se mees­ter­stuk Mul­hol­land Dri­ve, ge­volg deur ’n Os­car-be­noem­de rol as ’n re­ha­bi­li­te­ren­de dwelm­slaaf in 21 Grams en JA Ba­yo­na se e­pie­se The Im­pos­si­ble, om maar net ’n paar A-lys-rol­le te noem.

On­danks Naomi se klas­sie­ke mei­sie-van-langs­aan­voor­koms en al is sy op die oog af vrien­de­lik en plat op die aar­de, ver­klap haar keuse van rol­le ’n be­lang­stel­ling in die don­ker kant van die le­we en die veel­vlak­ki­ge er­va­rings van mens­wees. “Rol­le kom met ’n re­de op ’n mens se pad,” knik sy. “Na­tuur­lik is daar fak­to­re wat ’n rol speel – goeie ak­teurs, lig­ging, geld. Maar dit moet iets vir jou per­soon­li­ke groei in­hou. En dít is net vir jou; dit het niks met die ge­hoor te doen nie.”

In teen­stel­ling met die Hol­ly­wood-mi­te glo sy dat rol­le be­ter raak vir vroue van ’n se­ke­re ou­der­dom. “Daar was ’n teorie dat jy op 40 oor die muur is, maar din­ge het ver­an­der. Daar is nog baie ruimte vir verbetering, maar dit voel as­of vrou­e­stem­me van­dag al hoe meer ge­hoor word. En te­le­vi­sie het be­slis daar­mee ge­help. Daar is ’n be­we­ging. Ek dink nie men­se sou so mak­lik aan ’n ka­rak­ter soos Je­an vat ge­kry het as sy in ’n rol­prent was nie. Sy is ge­kom­pli­seerd en maak fou­te. Ons is nie ge­woond daar­aan om ’n vrou, ver­al op my ou­der­dom, met so­veel be­geer­te te sien nie, of een wat be­heer en mag wil hê nie. Dié din­ge word as on­aan­trek­lik in vroue ge­sien.”

Gyp­sy ver­breek ook die i­dee van moe­der­skap as die be­gin-en-eind­doel vir vroue. Maar al is die i­dee dat vroue “ná kin­ders op ’n klein pla­sie gaan woon om tuin te maak en goed te plant” vir Naomi “be­lag­lik”, er­ken sy dat sy al­tyd ge­weet het dat sy ’n ma sou wees, en ’n ma van twee seuns. “Dit was net iets wat ek in my bin­ne­ste ge­weet het.” Sy voel van­dag eint­lik ’n bie­tjie “on­vas” na­dat sy die na­week son­der hul­le deur­ge­bring het. “Jy smag na ’n bie­tjie ek­tyd, en wan­neer jy dit het, won­der jy: ‘Wie is ek nou? Wat gaan ek met al hier­die tyd maak?’ ”

Wat is vir haar die lek­ker­ste van ma­wees? “Dit is die ver­vul­lend­ste ding om te kyk hoe hier­die klein men­sies hul­self ont­dek en dan te sien dat hul­le van dag een af pre­sies die­self­de per­soon was. My rol as ma is om hul­le te lei, maar ter­self­der­tyd uit die pad te bly. Dit is ’n ba­lans. Dit is so mak­lik om deur in­vloe­de van jou ou­ers en die sa­me­le­wing oor­wel­dig te word.” Sy wil haar kin­ders “eer­lik­heid, goed­har­tig­heid en deer­nis leer. Die ba­sie­se din­ge. En ek is pyn­lik oor goeie ma­nie­re. Dis die B­rit in my. En dis be­lang­rik. Dit maak deu­re oop. Jy kan e­ni­ge ie­mand se guns daar­mee wen.” En al is New York ’n la­waai­e­ri­ge, vuil en ge­vaar­li­ke plek, dink sy die stad is ’n won­der­li­ke om­ge­wing om jou kin­ders groot te maak. “Dit is nie vir sis­sies nie. Jy moet weet ie­mand gaan op jou gil, jou kof­fie uit jou hand stamp of jou taxi steel. Maar dis die le­we.”

Dit tref my weer dat Naomi baie taai­er is as wat sy lyk, en ek is se­ker ’n mens lag baie in haar ge­sel­skap. Van Sam tot Ni­co­le, wat sy al 30 jaar ken, wat soek sy in haar bes­te vrien­din­ne? “Goed­har­tig­heid en vry­ge­wig­heid. Die vroue wat jy hier ge­noem het – ons on­der­steun me­kaar. Ek kyk na al my tyd­ge­no­te en hul­le is vrees­loos, vol i­dees en e­ner­gie.” Sy sien haar 40’s as ’n tyd om din­ge in o­ën­skou te neem. “In jou 20’s kyk jy vo­ren­toe, en in jou 30’s leef jy in die oom­blik. Nou kyk jy in al­bei rig­tings. Jy kan te­rug­kyk en vra: ‘Wat het ek nog nie ge­doen nie?’ En vo­ren­toe kyk: ‘Wat kan ek nog doen?’ Ek dink dit gee jou nu­we woe­ma vir die le­we.”

Wat haar eie em­mer­skop­lys be­tref, sê sy: “Ek het nog nie te­a­ter ge­doen nie. Ek moet nog die moed by­me­kaar­skraap. Ek is nie baie goed op die ver­hoog nie. Selfs as ek op ’n klets­pro­gram moet ver­skyn en daar is ’n ge­hoor, is ek vrees­be­van­ge. Maar ek is nie ie­mand wat my deur my vre­se laat on­der­kry nie,” glim­lag sy. En ek glo haar.

*Gyp­sy kan uit­sluit­lik op Netflix ge­kyk word. The Glass Cas­t­le word in Au­gus­tus in SA uit­ge­reik.

DAAR WAS ’N TEORIE DAT JY OP 40 OOR DIE MUUR IS, MAAR DIN­GE HET VER­AN­DER. DAAR IS NOG BAIE RUIMTE VIR VERBETERING …

KLOKSGEWYSE VAN LINKS: By haar seuns, Sasha (links) en Sam­my; saam met haar vrien­din Ni­co­le Kid­man; by die Gol­den Glo­be­toe­ken­nings­aand; saam met Bil­ly Cru­dup in ’n to­neel uit Gyp­sy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.