KAN BOTOKS MY PLOOIE LAAT ONTSPAN SON­DER DAT MY GE­SIG SOOS ’N MASKER LYK? EN IS DIT GEVAARLIK?

Goeie Huishouding - - Jouvoorkoms -

Neu­ro­mo­du­leer­ders soos botoks en an­der han­dels­mer­ke word van ge­sui­wer­de, ver­dun­de bo­tu­li­num­tok­sien ti­pe A ge­maak, maar die in­spui­tings is hoe­ge­naamd nie gevaarlik nie. “Wan­neer dit in ’n spier in­ge­spuit word, ver­sper dit die bood­skap tus­sen die se­nu­wee­re­sep­to­re en die spier, wat dit ty­de­lik ver­lam,” ver­dui­de­lik dr. Vi­vi­an Bu­cay, ’n der­ma­to­loog. Om­dat jy dan nie die be­we­ging kan maak wat die plooi ver­oor­saak nie (soos om te frons of jou wenk­broue te lig), kan daar­die ly­ne nou ontspan, wat hul­le ty­de­lik uit­vee. “Die doel is be­slis nie om mas­ker­ag­tig of on­be­weeg­lik te lyk nie. Juis daar­om sal ’n vaar­di­ge der­ma­to­loog die be­han­de­ling ver­fyn so­dat die pa­si­ënt wel ge­sigs­be­we­ging het,” sê Bu­cay. “Ek spuit eer­der te min as te veel in. My pa­si­ën­te kan lie­wer twee we­ke la­ter weer kom so­dat ek ’n bie­tjie kan by­voeg, in­dien no­dig.” Sy vra nie geld vir ’n kan­toor­be­soek as dit net vir ’n vin­ni­ge op­knap is nie. Vra jou eie der­ma­to­loog hoe dit han­teer word, maar ver­wag om by die twee­de be­soek min­stens vir die pro­duk wat ge­bruik word te be­taal. Dit kos van­af R900 om een deel soos frons­plooie te behandel, en dit hou vir drie tot ses maan­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.