SAL MY DER­MA­TO­LOOG DINK EK’S YDEL AS EK OOR KOSMETIESE PROSEDURES UITVRA, VER­AL AS EK NIE SE­KER IS OF EK IETS WIL DOEN NIE?

Goeie Huishouding - - Jouvoorkoms -

Der­ma­to­loë is ge­woond aan dié vrae, en die mees­te be­veel ’n kon­sul­ta­sie aan voor­dat jy jou tot ’n be­han­de­ling ver­bind. Moet dus nie be­kom­merd wees dat hul­le sal aan­neem jy is reg vir e­ni­ge iets nie. “Ek hou daar­van dat ’n pa­si­ënt tyd het om huis toe te gaan en die in­lig­ting te ver­werk wat ons be­spreek het. Daar’s geen re­de vir haastige be­slui­te nie,” sê Com­stock. En wat y­del­heid be­tref? Nee wat. Hul­le wil hê wat jy wil hê: dat jy op jou bes­te sal voel en lyk, en daar’s niks daar­mee fout nie. Jy’s dalk in jou 40’s en voel dat jy heel­tyd moeg lyk, of jy kan jon­ger wees en ge­ne­tie­se frons­plooie hê. Die kruks van die saak is dat der­ma­to­loë dok­ters is, wat be­te­ken hul­le het al al­les ge­hoor. Vra dus ge­rus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.