EET SOOS ’ N APIE!

Pie­sangs slaan ’n drie­dub­be­le slag wan­neer dit by ge­sond­heid kom, sê Ja­c­lyn Lon­don, ’n voe­ding­kun­di­ge. Eet ’n pie­sang vir ont­byt of as ’n peu­sel­hap­pie Be­ter bloeds­om­loop Be­ter im­mu­ni­teit Be­ter pres­ta­sie

Goeie Huishouding - - Joulyf -

GE­SON­DE HART

Die plant­ge­ba­seer­de an­ti­ok­si­dan­te in pie­sangs help om sel­le teen ska­de te be­skerm. Boon­op word ka­li­um met be­ter bloed­druk­re­gu­le­ring ver­bind.

GE­SON­DE INGEWANDE

Hier­die vrug be­vat pre­bi­o­tie­se ver­bin­dings wat die “vrien­de­li­ke” bak­te­rieë in jou derm­ka­naal voed. As jy baie van hier­die “goeie” gog­gas het, help dit om jou im­muun­stel­sel te be­skerm teen die “sleg­tes” wat jou siek maak.

GE­SON­DE BREIN

Pie­sangs be­vat ’n kwart van jou daag­lik­se B6­kwo­ta en help jou dus om hel­der te dink. Di­ë­te wat ryk aan hier­die vi­ta­mien is, help om die ri­si­ko van kog­ni­tie­we ag­ter­uit­gang te ver­laag en kan help om neu­ro­lo­gie­se funk­sies te be­skerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.