“EK ONTVRIES NOU MY BABAPLANNE” “EK HET GE­WEET EN DIS RISKANT GEEN DAT DAAR E IS WAARBORG DIT NIE, MAAR PROAKTIEF HET GE­VOEL”

Toe A­li­ce Mann* en­kel­lo­pend was met geen po­ten­si­ë­le pa in sig nie, het sy be­sluit om haar ei­er­sel­le te laat vries. Nou het sy eg­ter be­sluit om hul­le te laat ontvries

Goeie Huishouding - - Joulyf -

Drie jaar ge­le­de, op 37, het ek my ei­er­sel­le laat vries. Ver­le­de week is ek te­rug na die vrug­baar­heids­kli­niek om met my kon­sul­tant te praat oor hoe ek daar­die ei­er­sel­le en sken­ker­sperm­sel­le kan ge­bruik om swan­ger te raak. My kon­sul­tant het ge­sê IVB met my eie ei­er­sel­le is my bes­te kans om swan­ger te raak; die sel­le is ba­sies drie jaar jon­ger as ek. “Hoe ou­er jy is, hoe gro­ter is die kans dat die ei­er­sel­le ab­nor­ma­le chro­mo­so­me kan hê,” het sy ge­sê.

Ek het dit na­tuur­lik ge­weet – e­ni­ge vrou in haar laat 30’s weet dit. Dit was deels die re­de waar­om ek in die eer­ste plek my ei­er­sel­le laat vries het. Ek het ge­dink ek sou tyd wen deur dit te laat vries. Dit het nie meer vir my ge­voel of el­ke man met wie ek uit­gaan ’n po­ten­si­ë­le pa moet wees nie.

Ek was nog nooit een van daar­die vroue wat oor ba­bas ge­koer het nie. Ek het net al­tyd aan­ge­neem ek sal kin­ders hê. Toe ek op 33 my eks ont­moet het, het ek aan­ge­neem ek sal saam met hom kin­ders hê. Twee jaar la­ter was ons nie eint­lik be­sig om te “pro­beer” nie, maar ons het op­ge­hou voor­be­hoe­ding ge­bruik. En toe ver­breek ons die ver­hou­ding. Ek het nie da­de­lik be­sluit om my ei­er­sel­le te laat vries nie. Dit het ’n jaar la­ter ge­beur toe ek ont­dek hy is in ’n nu­we ver­hou­ding. Ek moes aan­vaar dis vir al­tyd verby tus­sen ons. EK WAS 36, LIEF VIR MY WERK, HET WON­DER­LI­KE VRIEN­DE EN ’N ONDERSTEUNENDE FA­MI­LIE GE­HAD, maar daar­die dag, ter­wyl ek ge­huil het, het ek aan die vol­gen­de 40 of 50 jaar van my le­we ge­dink en s­kie­lik was al hier­die din­ge nie meer ge­noeg nie. Ek het na­ge­lees oor die vries van ei­er­sel­le, wat na die erg­ste deel van IVB ge­klink het, net heel­te­mal op jou eie. (Dis reg­tig hoe dit is.) Ek het ge- weet dis riskant en dat daar geen waar­bor­ge is nie, maar dit het proaktief ge­voel, as­of ek be­heer oor my le­we neem.

My plan was om drie si­klus­se van die ei­er­sel­le te laat vries – kry 20 ei­er­sel­le, be­vrug 10 met sken­ker­sperm – want em­brio’s is ge­neig om be­ter te vries en ontvries as ei­er­sel­le – en hou 10. Maar ek het net vier ei­er­sel­le van my eer­ste si­klus ge­kry. “As jy ie­mand ont­moet, sal be­vro­re em­brio’s nut­te­loos wees,” het ’n em­bri­o­loog ge­sê. “Ek sal dit net as ei­er­sel­le vries.” Drie si­klus­se la­ter het ek 14 be­vro­re ei­er­sel­le ge­had. En nou, on­danks ver­skeie pro­beer­slae, het ek nog niks ge­vor­der om die pa van my kind(ers) te vind nie. My 40ste ver­jaar­dag kom na­der. Dis tyd. EK HET GE­DINK OOR HOE EK AS ’N ENKELMA SAL VAAR. Toe ek by ’n kin­der­par­ty­tjie toe­kyk hoe al twee ou­ers help dat hul twee­ja­ri­ge die ker­sies uit­blaas, het ek ge­won­der of ek al­tyd sal voel dat ek die naas­bes­te op­sie ge­kies het – vir my en my kind – of ek skul­dig sal voel, en of ek ’n ma én ’n pa kan wees. Maar ek het ook al die bit­ter in­ter­ak­sie tus­sen ge­skei­de ou­ers aan­skou, en oor­moeë ma’s wat kla dat hul we­der­helf­te nie hul kant bring nie. Ek’s bly ek hoef dít nie te ver­duur nie.

By die kli­niek, na­dat ek my be­sluit ge­neem het, het ek na my kon­sul­tant ge­luis­ter ter­wyl sy die he­le pro­ses aan my ver­dui­de­lik het. “En,” het sy af­ge­sluit, “jy kan al teen die ein­de van die maand swan­ger wees.” Tra­ne het in my oë op­ge­wel. V­reug­de? Vrees dat dit dalk kan ge­beur? Vrees dat dit dalk nié ge­beur nie? IVB’s kom met geen waar­bor­ge nie, maar na­dat ek drie jaar lank hier­oor ge­dink het, weet ek ek wil pro­beer.

A­li­ce Mann blog oor haar on­der­vin­ding by Eg­ge­don­blog.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.