JY MOET PRO­BEER OM VOOR 30 SWAN­GER TE RAAK

Goeie Huishouding - - Joulyf -

Na­tuur­lik nie, hoe­wel vroue “wat te lank wag” ge­reeld ’n hoof­op­skrif is. Dis om­dat vrug­baar­heid­spe­si­a­lis­te, soos prof. Gee­ta Nar­gund, el­ke dag vroue sien wie se pro­ble­me om swan­ger te raak deur ou­der­dom ver­oor­saak of ver­er­ger word. Jou ei­er­sel­re­ser­wes – en dus jou kans op swan­ger­skap – neem ná 30 af en daar is ’n “skerp af­na­me ná die ou­der­dom van 36”, sê Nar­gund. Tog ken ons al­mal ou­er ma’s, en s­tu­dies toon dat 40-plus die snel­groei­end­ste ou­der­doms­groep vir nu­we ma’s is.

Maar waar laat dit jou wat in jou vroeë 30’s is en nog nie reg is om te pro­beer nie? Jy kan ’n klomp geld be­taal vir ’n vrug­baar­heids­toets, ’n bloed­toets en/of ’n skan­de­ring van jou ei­er­stok­ke om jou ei­er­sel­re­ser­wes vas te stel. Dit wys eg­ter nie an­der po­ten­si­ë­le kwes­sies soos o­vu­la­sie­pro­ble­me, ver­stop­te bui­se of en­do­me­tri­o­se uit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.