MOET JY DIT aan­lyn deel?

Goeie Huishouding - - Van die redakteur -

EK DINK ELKEEN VAN ONS wat am­per­tie­ners of tie­ners het, het al daar­die ge­sprek ge­had. Die een waar­in ons ons kin­ders waar­sku om ver­sig­tig te wees oor hoe hul­le hul­self aan­lyn uit­beeld; dat dit feit­lik on­moont­lik is om iets op die in­ter­net uit te wis; dat hul­le nie iets aan­lyn moet plaas wat hul­le sal skaam maak as hul ou­ma dit moet sien nie; en hoe skelms Fa­ce­book, In­sta­gram, en­so­voorts ge­bruik om men­se op te spoor en in­lig­ting oor hul­le te be­kom – daar­om moet hul­le twee keer dink voor­dat hul­le iets aan­lyn deel.

Dis na­tuur­lik al­les goeie raad, maar ons moe­nie net vir ons kin­ders preek nie, maar ook vir ons­self …

Sophie Ba­ker se ar­ti­kel oor “sharen­ting” was vir my fas­si­ne­rend. Ons is al­mal in ’n ma­te “sharents” – ou­ers wat in­lig­ting en fo­to’s van ons kin­ders op so­si­a­le me­dia deel – maar die ken­ners se in­sig­te oor die ne­ga­tie­we uit­wer­king wat dit nou én in die toe­koms op ons kin­ders kan hê, het my met heel­wat stof tot na­den­ke ge­laat. So­si­a­le me­dia bring vir ge­sin­ne baie nu­we uit­da­gings (en ook baie vreug­de!) en dis vir ons al­mal ’n taam­lik nu­we ding, het­sy ons 15 of 50 is. Daar­om is dit so nut­tig om sul­ke in­lig­ting te kry wat ons help om be­ter be­slui­te te neem. Blaai na blad­sy 66, lees die ar­ti­kel en deel dit met jou kind se pa, ou­ma, tan­nie en peet­ma.

By Goeie Huis­hou­ding is dit al­tyd ons doel om nut­ti­ge in­lig­ting te deel – en dié uit­ga­we is ek­stra­nut­tig vir al­les van wat om aan te trek wan­neer die weer war­mer word ( blad­sy 44) tot hoe om haar­pro­ble­me te laat les op­sê ( blad­sy 42), sak­pas Ban­ting-aand­e­tes aan­me­kaar te slaan ( blad­sy 92), en wag­woor­de te skep wat selfs die slim­ste ku­ber­kra­ker nie sal kan ont­sy­fer nie ( blad­sy 85).

Jy sal ook 101 slim wen­ke kry oor hoe om al die ver­trek­ke in jou huis skoon, netjies en aan die kant te maak( blad­sy 113). Ons as­sis­tent­re­dak­teur, Vicki S­leet, was so gaaf om die ta­ke in kort, prak­tie­se stap­pe te ver­deel so­dat jy dit mak­lik by jou be­si­ge ske­du­le kan in­pas.

Maar be­lo­we my voor­dat jy be­gin reg­pak en weg­pak, sal jy eers die ar­ti­kel “Hou net op” ( blad­sy 70) lees! Dit plaas perfeksionisme in die kol­lig – en wys uit dat per­fek­si­o­nis­te dik­wels die groot­ste uit­stel­lers is. Ek weet baie van jul­le sal jul­le hier­mee kan ver­een­sel­wig. Maak dus tyd om jou huis in or­de te kry, maar mik vir “goed ge­noeg” en nie “per­fek” nie. Dis ’n baie ge­son­der doel­wit (en jy sal vir ’n ver­an­de­ring goed ge­doen kry!), en min­der span­ning sal jou én jou ge­sin boon­op ge­luk­ki­ger maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.