MOE­NIE DAT BOELIES DIE OORHAND KRY NIE

Goeie Huishouding - - Jou terugvoering -

Jul ar­ti­kel “Word jou kind deur ’n op­voe­der ge­boe­lie?” (Au­gus­tus 2017) het my diep ge­raak.

Ek is op kos­skool ge­boe­lie; ek was se­we jaar oud toe ek daar­heen ge­stuur is. Die skool­hoof was in haar 70’s en ek­sen­triek. Sy sou my wak­ker maak om my Frans- of wis­kun­de­huis­werk oor te doen en het my as straf met wa­ter en brood in die klas­ka­mer toe­ge­sluit. Die erg­ste was toe ek die e­nig­ste een in my klas was wat nie ge­vor­der het nie. Ek is na ’n nu­we skool waar ek nie­mand ge­ken het nie. Daar is ek ook deur ’n ma­tro­ne ge­boe­lie. Sy sou my tot tra­ne dryf met haar ge­meen­heid en het my dik­wels met ’n haar­bor­sel ge­slaan. Ek was ’n sen­si­tie­we kind en het baie swaar­ge­kry.

Jul ar­ti­kel het baie din­ge te­rug­ge­bring. Ek was be­voor­reg met een of twee in­spi­re­ren­de on­der­wy­sers, maar daar was ook ’n paar af­bre­ken­des.

My seun het ook op skool swaar­ge­kry. Hy is baie skerp, maar het sy skool ge­haat. Sy on­der­wy­ser het hom “sim­pel” ge­noem. Sy werk het daar­on­der ge­ly, as­ook sy ge­drag. Hy het na ’n nu­we skool ge­skuif en was baie ge­luk­ki­ger. Luis­ter as­se­blief na jou kin­ders. Moe­nie dat hul­le on­der ’n on­der­wy­ser ly nie. Sophie, Kaap­stad

DING HUISHOU GOEIE JULIE 2017

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.