BEPROEF EN GETOETS DEUR JOU

Goeie Huishouding - - Jou terugvoering -

IETS VIR AL­MAL

Se­dert my twee aas­vo­ël­tjies die nes ver­laat het om hul vler­ke te sprei, het ek meer tyd om in die son­ka­mer te ont­span met ’n bie­tjie rooi­bos en bros­brood en na­tuur­lik Goeie Huis­hou­ding. Wat ’n ver­skei­den­heid!

Ek het ver­al ge­hou van die Kin­der­pro­jek in die Ju­nie­uit­ga­we, die Dank­di­a­gram en Hoen­der­boud­jie-naam­kaart­jie, wat nie net her­win­nings­vaar­dig­he­de kweek nie, maar ook die be­gin­sels van dank­baar­heid, po­si­ti­wi­teit en te­vre­den­heid – dis skaars in dié ho­ë­teg­no-era.

Dis my guns­te­ling­tyd­skrif om­dat dit nie net op tuis­go­din­ne ge­rig is nie, maar ook op die wer­ker­bye, die ko­nin­gin­bye, mo­de­di­vas en die tuis­bly­sus­ters. Dit bied iets vir al­mal. Mar­got G, Kaap­stad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.