VIR E­WIG & AL­TYD

Min ak­tri­ses kry dit reg om ’n per­ma­nen­te plek­kie in ons hart te hê, maar SARAH JESSICA PARKER is een van hul­le. Sy kry dit net el­ke keer reg, van Sex and the Ci­ty tot Di­vor­ce, sê An­na­bel Meg­ge­son

Goeie Huishouding - - Skoonheidskopies -

Sarah Jessica Parker pro­beer hard om nie vir haar man, Mat­thew Bro­de­rick, ’n e-pos te stuur om hom te her­in­ner dat hy ’n skool­vorm moet te­ken en te­rug­stuur nie en dat hul seun, Ja­mes Wil­kie (14), mô­re sy rug­sak moet uit­pak soos hy el­ke Woens­dag maak. “Daar is ’n lê­er on­der sy les­se­naar en al sy pa­pie­re van die week – het­sy dit vir La­tyn of ge­skie­de­nis is – moet daar­in ge­bê­re word.” Hoe­wel sy 5 600 km van haar Man­hat­tan-huis af is, suk­kel Sarah om die lei­sels van die Parker-Bro­de­rick-huis­hou­ding te ver­slap. (Sarah is in Lon­den om haar u­ni­seks­par­fuum, S­tash SJP, te be­mark. “Nou kan ek sê ek het ’n fyn­geur vir men­se ge­maak!” sê sy van dié swart­pe­per-en-pat­sjoe­lie-ge­geur­de par­fuum, wat vol­gens my haar bes­te een tot nog toe is.)

“Ek doen baie, want ek hou daar­van om in be­heer te wees,” sê sy toe ek haar vra of sy en Mat­thew huis­hou­de­li­ke plig­te deel. “Ek is ’n baie pun­te­ne­ri­ge en pre­sie­se mens en daar­om doen ek so baie din­ge self. Dit is eg­ter ver­ba­send hoe baie [my man] in my af­we­sig­heid kan doen en reg­kry. Al­mal kom waar hul­le moet wees. Maar hy sal nou nie saans al­les weg­pak nie. Wan­neer ek by die huis

kom, kan ek die spoor van goed sien.”

Ja, die be­rug­te man­spoor. Ek ver­tel vir haar in ons huis is daar “An­na­bel-skoon” en “Ja­son-skoon”. “Dis bril­jant! Ek gaan dit van nou af ge­bruik. Is dit SJ-skoon, of is dit Mat­thew-skoon?!”

Sy be­sluit tog om nie die e-pos te stuur nie. “Hul­le moet dit reg­tig eint­lik op hul eie ma­nier doen,” sê sy. Maar wat­ter wer­ken­de ma ver­staan nie daar­die twee­stryd waar jy wil hê jou man moet jou met plig­te help, maar dan spring jy da­de­lik in om se­ker te maak dit word op ’n se­ke­re ma­nier ge­doen nie?

Sarah en Mat­thew is al 25 jaar by­me­kaar en het drie kin­ders, Ja­mes Wil­kie en ’n agt­ja­ri­ge twee­ling, Ta­bi­tha Hod­ge en Ma­ri­on (wat Lo­ret­ta ge­noem word). Die ge­kom­pli­seerd­heid van ’n lang­ter­myn­ver­hou­ding is dus iets wat sy maar te goed ken. Dit was juis haar i­dee om ’n TV-reeks daar­oor te maak. HBO se skit­te­ren­de Di­vor­ce, wat deur S­ha­ron Hor­gan ge­skep is, is ver­le­de jaar op DStv uit­ge­saai (as jy dit ge­mis het, weet jy wat­ter reeks om dié maand te koop!) en die twee­de sei­soen be­gin bin­ne­kort.

“Die be­stu­de­ring van die land­skap van ver­hou­dings is on­ein­dig in­te­res­sant,” sê sy. “’n Huwelik is nie soos iets wat klaar ge­bak is nie, ver­al nie wan­neer jy kin­ders by­voeg nie. Daar is geen punt aan die ein­de van die sin nie; dis bloot ’n sin wat aan­hou. En daar kom so­veel goeie din­ge daar­uit, maar dis ook baie in­ge­wik­keld: Men­se oor­leef dit en hul­le oor­leef dit nie; hul­le oor­weeg af­fairs en voer dit nie deur nie; hul­le knoop af­fairs aan en dit doen nie hul huwelik ska­de nie; hul­le oor­weeg ’n eg­skei­ding en oor­leef dit; of ’n eg­skei­ding ruk ’n ge­sin só uit­me­kaar dat dit by­na on­her­stel­baar voel.”

In Di­vor­ce skei die paar­tjie wel, maar dit bly mil­joe­ne men­se se sto­rie. “Selfs al is dit nie jou­ne nie, ken jy ie­mand wat daar­deur gaan.” Sarah haal die A­me­ri­kaan­se skry­wer John C­hee­ver as ’n in­vloed aan. Hy staan be­kend as die T­sje­chof van die voor­ste­de­li­ke le­we en het kort­ver­ha­le ge­skryf wat die een­to­nig­heid en te­leur­stel­lings van plek­ke soos We­st­ches­ter in New York – waar Di­vor­ce af­speel – vas­vang.

Dié pro­gram is die teen­oor­ge­stel­de van Sex and the Ci­ty, die reeks wat ’n ge­ne­ra­sie ge­de­fi­ni­eer en dui­sen­de vroue op Sarah se i­ko­nie­se Car­rie ver­sot ge­maak het. Di­vor­ce is eer­der wê­reld­moeg as op­ti­mis­ties, maar dit be­vat hu­mor en vrou­li­ke vriend­skap­pe en fan­tas­tie­se kle­re, al­les din­ge wat ek ver­moed Sarah ge­ï­den­ti­fi­seer het as nood­saak­li­ke bron­ne van vreug­de vir e­ni­ge ie­mand wat die op- en af­draan­des van die lief­de en le­we ná 40 be­leef.

As Sarah die i­dee van ’n reeks oor ’n ge­bro­ke huwelik ge­had het om­dat sy die pro­ble­me van vol­was­se ver­hou­dings wou on­der­soek, het sy in haar doel ge­slaag. “Ek het iets baie be­lang­riks ge­leer, en dit is: Wees wys ge­noeg om te be­sef dat die din­ge wat jou van ’n lang­ter­myn­maat ir­ri­teer, nie reg­tig saak maak nie. By­voor­beeld niks wat Mat­thew doen wat my ir­ri­teer – en ek’s se­ker die lys van din­ge wat ék doen wat hóm ir­ri­teer, is dub­bel so lank – maak fun­da­men­teel saak nie. As jul­le nog oor klei­nig­he­de praat wat jul­le ir­ri­teer, is die din­ge wat werk­lik saak maak nog in or­de.”

Ons stem saam dat al dryf jou maat jou soms teen die mu­re uit, daar oom­blik­ke is dat jy be­sef hoe goed jul­le eint­lik by­me­kaar pas. “Mans moet ge­woon­lik ’n bie­tjie ge­druk word om [be­te­ke­nis­vol­le] ge­sprek­ke te hê, maar dan kry jy mans wat te veel wil praat en dit laat my dink: ‘Oe, dis vreemd!’ Of al wens jy ook hoe dat jou maat ’n bie­tjie lief­de­vol­ler was, sal ek wan­neer ek by die skool wag daar­die een man sien wat al­tyd sy vrou se rug vryf en dan dink ek: ‘Jig.’ Ek weet nie hoe­kom dit my so pla nie!”

Ek dink nog­tans nie dis blo­te toe­val dat Sarah se ka­rak­ter in Di­vor­ce, Fran­ces, die een is wat die lei­sels hou nie. (Sy is die hoof­brood­win­ner, sy het die af­fair en sy vra vir ’n eg­skei­ding.) Ek ver­moed dié di­na­miek heers in ’n ma­te ook in die Parker-Bro­de­rick­huis­hou­ding, waar Sarah nie net die huis­hou­de­li­ke sa­ke be­stuur nie, maar ook ’n brood­win­ner en wer­ken­de ou­er is.

Op 52 vaar haar loop­baan be­ny­dens­waar­dig goed. Be­hal­we vir die fyn­geu­re, het Sarah ver­skeie an­der pro­jek­te wat wis­sel van ’n

SJP-win­kel in Washing­ton (wat haar reeks skoene en swart rok­kies aan­hou) tot ’n mu­siek­bly­spel waar­aan sy werk wat han­del oor ’n vrou wat wag om te hoor of ’n on­lang­se di­ag­no­se erns­ti­ge ge­vol­ge kan hê. Sy dien ook in die raad van die New York Ci­ty Bal­let, waar sy die af­ge­lo­pe vyf jaar ge­help het om $10 mil­joen (so­wat R130 mil­joen) in te sa­mel, en is ’n y­we­ri­ge fi­lan­troop. Haar rol­prent-en-TV-loop­baan het ook ’n sa­ke­kant – haar naam ver­skyn as re­gis­seur van SATC en van die an­der pro­jek­te waar­aan sy se­dert­dien ge­werk het. Is dit be­lang­rik om daar­die ek­stra be­heer te hê? “Ek is mal oor re­gie, want ek ge­niet die sa­me­wer­king tus­sen ta­lent­vol­le men­se en om die pro­ses van be­gin tot ein­de deur te sien. Dit gaan oor daar­die deel van my wat op­reg is, die deel wat daar­van hou om kre­a­tie­we werk te doen en om vir die pro­duk­sie as ’n ge­heel te veg.”

On­danks haar an­der pres­ta­sies is Sarah die eer­ste een wat die be­lang­rik­heid van Car­rie sal er­ken as die im­mer ge­wil­de ka­rak­ter wat so­veel har­te ver­o­wer het en die hoof­re­de is hoe­kom ons al­mal so lo­jaal aan SJP is. (Sy het selfs ’n skoen na Car­rie ge­noem!) “Ek gee nie om om daar­oor te praat nie,” sê sy toe ek nie kan help om my ge­lief­de SATC te noem nie. En hoe­wel sy al in die ver­le­de ge­sê het dat sy haar nie reg­tig met Car­rie kon ver­een­sel­wig nie om­dat hul­le in sul­ke ver­skil­len­de fa­ses van hul le­we was (Sarah is ge­troud en het ’n ba­ba ge­had in die tyd toe haar ka­rak­ter die een lief­des­ver­hou­ding ná die an­der ge­had het), is daar on­mis­ken­ba­re oor­een­koms­te. Car­rie is slim, sjar­mant, styl­vol, self­kri­ties en goed­har­tig. Nes Sarah. As ’n joer­na­lis was Car­rie ui­ter­aard nuus­kie­rig, en ek kan ag­ter­kom Sarah stel net so baie be­lang in an­der men­se en wat rond­om haar aan­gaan. Sy vra my net so­veel vrae as wat ek háár vra en toe ek noem dat ek be­kom­merd is dat ons ge­sels­tyd min raak, ver­soek sy ’n ek­stra 12 mi­nu­te. Haar aan­dag is be­hoor­lik ge­prik­kel toe sy hoor ek het vier kin­ders, on­der wie ’n drie­ling. “Jy het ’n drie­ling?” “Ja, maar jy het ’n twee­ling …” “Ek weet, maar …” Dit maak blyk­baar nie saak hoe­veel kin­ders ons het, hoe hard ons werk of hoe goed ons ons le­we be­stuur nie (Sarah staan 05:00 op om e-pos­se te lees: “Ek kry sog­gens meer ge­doen.”), vroue glo al­tyd ie­mand kry dit be­ter reg, en Sarah is geen uit­son­de­ring nie. Die e­nig­ste ver­skil is dat sy baie eer­lik oor haar te­kort­ko­min­ge is. Die woord “op­reg” word dik­wels oor­da­dig in pro­fie­le ge­bruik, as­of die le­ser ’n ge­voel van reg­ver­di­ging moet er­vaar wan­neer hul­le ont­dek die per­soon is baie meer soos hul­le as wat hul­le ge­dink het, maar in Sarah se ge­val is dit van­self­spre­kend.

Dink by­voor­beeld hoe eer­lik sy was oor die feit dat haar twee­ling met be­hulp van ’n sur­ro­gaat ge­bo­re is. Baie be­ken­des sal al­les moont­lik doen om se­kon­dê­re in­fer­ti­li­teit ge­heim te hou uit vrees dat dit hul per­fek­te beeld kan skaad. Sarah het ge­luk­kig ’n ge­son­de en ge­ba­lan­seer­de self­beeld; sy het nie die be­sker­ming van ’n een­di­men­si­o­ne­le front no­dig nie. Sy maak eer­der ’n punt daar­van om uit te vind hoe sy en die wê­reld in­me­kaar­steek, en hoe sy haar bes kan doen met wat sy daar­uit leer. (Ek dink die punt wat ek eint­lik pro­beer maak, is dat as ie­mand so fan­tas­ties soos Sarah self­twy­fel er­vaar, is daar hoop vir die res van ons.)

Dan is daar haar ken­mer­ken­de New York­heid. “Ek is dol oor al die moont­lik­he­de,” sê sy van dié stad wat skyn­baar deur haar are bruis en haar van haar Hol­ly­wood-e­we­knieë on­der­skei. Tog is daar al­tyd pa­pa­raz­zi bui­te haar huis in West Vil­la­ge. “Daar is so­veel rat­te in die groot wiel van hier­die stad dat ons le­we nie so in die kol­lig ge­plaas word nie. As ek net ’n paar treë van my voor­deur af kan kom, kan ek in die mas­sa weg­raak.” En al hou sy nie daar­van dat haar kin­ders so bloot­ge­stel word nie, “sê ek vir hul­le dat daar kin­ders is met veel gro­ter pro­ble­me as wat hul­le het”.

Die ge­sprek draai s­kie­lik na kin­ders en die in­ter­net. Sarah praat uit er­va­ring aan­ge­sien haar seun, Ja­mes Wil­kie, on­langs sy ver­sky­ning op so­si­a­le me­dia ge­maak het. En dit blyk dat sy net so baie daar­mee wor­stel soos ek. “Ek weet nie wat om te doen nie … [Ja­mes Wil­kie] het ’n sel­foon om saam skool toe te neem, hoe­wel ek my le­we lank [son­der ’n sel­foon] skool toe is, maar ons het da­rem lan­ger as die mees­te ou­ers uit­ge­hou.”

Ek noem dis dui­de­lik dat sel­fo­ne kin­ders nie be­voor­deel nie. Geen ma het nog ooit ge­sê: “K­lein Jan­nie vaar so goed van­dat ek vir hom daar­die iP­ho­ne ge­kry het; hy kry nou al die pad A’s” nie.

“Ek weet, maar k­lein Jan­nie kan dalk seer­kry,” sê Sarah. “Hy kan dalk iets sê wat nie so mooi is nie en ie­mand an­ders seer­maak. K­lein Jan­nie sê dalk iets wat hy nie nor­maal­weg sou nie, maar hy leer vin­nig die taal aan en soos met baie an­der din­ge, wil hy graag soos sy vrien­de wees.

“Ek is nog nie so ver­troud [met teg­no­lo­gie] nie en ek is on­se­ker van my eie per­ke. Ek is on­se­ker oor hoe be­trok­ke ek wil wees en hoe om dit nié ’n per­soon­li­ke er­va­ring te maak nie.”

Haar guns­te­ling­plat­form is In­sta­gram en sy span dit met groot ge­not in. Hoe­wel sy dit meest­al vir werk ge­bruik, beeld dit ook haar per­soon­lik­heid en sie­ning van die wê­reld uit. Haar pro­fiel is nes sy: vro­lik, fun­ky en o­pen­har­tig. Kyk ge­rus na haar fo­to’s en jy sal sien dis baie spon­taan en on­af­ge­werk. Tus­sen die ly­ne skuil daar hu­mor, nuus­kie­rig­heid, styl en ’n stil­le waar­de­ring vir haar­self en wat sy be­reik het. Dis ’n les in die be­mees­te­ring van so­si­a­le me­dia – en die le­we. Ons was dol oor Car­rie en dis met goeie re­de dat ons net so dol oor Sarah Jessica Parker is.

BO LINKS: Sarah saam met T­ho­mas Ha­den C­hurch in ’n to­neel van Di­vor­ce BO REGS: Saam met haar man, Mat­thew, en hul kin­ders, (van links) Ja­mes Wil­kie, Ta­bi­tha Hod­ge en Ma­ri­on Lo­ret­ta, vroe­ër van­jaar op die o­pe­nings­aand van die nu­we C­har­lie and the C­ho­co­la­te Fac­to­ry- mu­siek­bly­spel op Bro­ad­way in New York

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.