“Ek is dol oor blom­mo­tie­we, maar my man is nie. Hoe kan ons me­kaar te­ge­moet­kom?”

Goeie Huishouding - - ’ n kenner gee raad -

Ek is self ’n aan­han­ger van blom­mo­tie­we, maar par­ty men­se het ’n he­kel daar­aan. Dalk kan jy ’n ruim­te skep wat net jou­ne is? Wat van ’n prag­ti­ge ge­stof­feer­de stoel of ’n hoe­kie met ’n stoel en ’n mooi blom­be­druk­te kus­sing of oor­gooi­de­ken? Of jy kan ’n spaar­ka­mer met blom­me ver­sier – jou man hoef mos nie daar te slaap nie! En ver­sier jou ruim­te met blom­ry­ke pot­plan­te en vars blom­me – dit bly die heel bes­te blom­de­kor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.