“Is daar ’n ‘reg­te’ ma­nier om vlek­ke op mat­te te ver­wy­der?”

Goeie Huishouding - - ’ n kenner gee raad -

Beslis! Baie mat­te is ’n meng­sel van wol en mens­ge­maak­te ve­sel en as jy dit hard­han­dig be­han­del (soos deur ’n skrop­bor­sel te ge­bruik of dit met ’n lap te vryf), sal jy dit waar­skyn­lik be­ska­dig en nerf­af, klos­sie­ri­ge de­le ver­oor­saak. Die bes­te ding om te doen, is om skuim te vorm en dan die skuim met ’n spons op die vlek te klad. Laat dit in­trek, maar nie droog word nie. Klad nou die vlek met ’n wit doek en ge­bruik el­ke keer ’n skoon stuk so­dat jy kan sien hoe die vui­lig­heid op die doek af­kom. Laat dit droog word en stof­suig dan die mat om e­ni­ge oor­bly­wen­de vui­lig­heid te ver­wy­der. Tof weer die mat se pluis op. PRO­BEER: Plush Su­pre­me Car­pet Fo­am S­tain Re­mo­ver, R49,99

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.