Wend oog­om­ly­ner per­fek aan

Jy sal nie skoene dra wat ’n hal­we nom­mer te k­lein is nie, of hoe? Moet dus ook nie jou oë om­lyn op ’n ma­nier wat dit nie pas nie. Vind hiér die reg­te teg­niek vir jou

Goeie Huishouding - - Jou voorkoms -

LAAT K­LEIN OË GRO­TER LYK

Die i­ro­nie is dat k­lein oë be­ter sal uit­staan wan­neer dit lyk of jy geen om­ly­ner aan­het nie, ter­wyl ’n dik, swart rand rond­om jou oë dit kan oor­don­der. Be­gin deur ’n ro­me­ri­ge swart oog­pot­lood al langs jou boon­ste lid te trek en bly so na­by as moont­lik aan jou wim­pers. “Die lyn moet by­na on­be­speur­baar wees so­dat dit bloot jou wim­per­lyn de­fi­ni­eer. Dit sal jou wim­pers van na­tu­re vol­ler laat lyk,” sê Jessica Al­ba se gri­meer­kuns­te­naar, Da­niel Mar­tin. Ge­bruik dan ’n vlees­kleu­ri­ge pot­lood om die bin­ne­rand van jou on­der­ste lid te om­lyn. “Dié neu­tra­le ska­ke­ring ver­sag e­ni­ge rooi­heid en trek lig aan om jou oë oop en hel­der te laat ver­toon,” ver­dui­de­lik Mar­tin.

LAAT MOEË OË JONGER LYK

’n Bie­tjie gri­meer­toor­kuns kan vin­nig klaar­speel met lag­plooi­tjies of oog­le­de wat ef­fens hang, maar pleks van ’n to­wer­staf­fie kan jy jou oog­om­ly­ner vir dié truuk ge­bruik! Wend eers jou mas­ka­ra aan. Trek nou die vel by die bui­te­hoek van jou oog­lid sag­kens op so­dat jy die bin­ne­rand mak­li­ker kan sien. Om­lyn dit met ’n wa­ter­be­stan­de swart pot­lood- of pe­nom­ly­ner. “Lig jou vin­ger op en wend om­ly­ner al langs jou boon­ste wim­per­lyn aan. Maak ’n k­lein reg­mer­kie by die bui­te­hoek wat soos die kur­we van jou bui­ten­ste wim­per lyk, am­per as­of jy die wim­per­lyn ver­leng,” sê Mar­tin. Dit help dat die oog­lid meer ge­lig ver­toon so­dat jy wak­ker­der kan lyk, maar da­rem nie soos C­le­o­pa­tra nie!

SKEP DEFINISIE OP PLAT OOG­LE­DE

As jou oog­le­de meer plat as ge­rond is, “kies ’n oog­pot­lood met ’n ge­skuins­te punt,” stel Mar­tin voor. Ge­bruik die dun kant om ’n dun lyn van die bin­ne­hoek van jou oog al langs jou boon­ste wim­per­lyn te trek. Wan­neer jy by die bui­ten­ste der­de van jou oog­lid kom, ge­bruik die skuins kant van die punt om ’n dik­ker lyn tot by die bui­te­hoek te trek. “Rond dit af deur ’n k­lein kwas­sie of jou pot­lood se spon­sie lig­gies oor die bui­ten­ste der­de van die oog­lid te vee vir ’n ro­ke­ri­ge voor­koms,” sê hy. “Dit gee diep­te en definisie wat die oog­lid sal help om meer ge­rond te ver­toon en jou oë selfs meer sal be­klem­toon.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.