Vat ’n blaas­kans

Goeie Huishouding - - Jou Lyf -

Na­vor­sers van die Fra­ming­ham-hart­stu­die in die VSA het be­vind dat vroue wat net een keer el­ke ses jaar of min­der met va­kan­sie gaan by­na agt keer so ge­neig is om ’n kroon­slag­aar­siek­te te ont­wik­kel of ’n hart­aan­val te kry as dié wat min­stens twee keer per jaar ’n blaas­kans vat. En ’n on­lang­se op­na­me deur die A­me­ri­kaan­se siel­kun­de­ver­e­ni­ging het ge­toon dat men­se wat ge­du­rig op hul af­dag hul werk-e-pos­se lees, be­dui­dend meer stres het – wat ook sleg vir jou hart is – as dié wat dit nie doen nie. ’n Ak­tie­we va­kan­sie sal selfs be­ter vir jou ge­sond­heid wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.