Jy eet heel­wat meer ge­mors­kos as wat jy be­reid is om te er­ken.

Goeie Huishouding - - Jou Lyf -

Hoe­kom dit be­lang­rik is: As jy son­der oog­lo­pen­de leef­styl­ver­an­de­rin­ge ge­wig aan­ge­sit het of pre­di­a­be­ties is, of jou cho­les­te­rol is te hoog, word jy dalk net me­di­ka­sie voor­ge­skryf wat jy nie no­dig het nie. As jy nie jou di­eet of oe­fen­ge­woon­tes aan­ge­pas het nie, moet on­der­soek in­ge­stel word na me­die­se re­des vir oor­ma­ti­ge ge­wigs­toe­na­me, sê Moo­re. Toet­se kan by­voor­beeld ge­doen word vir vogre­ten­sie, ’n oor­ak­tie­we skild­klier of selfs ’n ge­was. Sê dit só: Troos jou­self dat jy nie die eer­ste pa­si­ënt is wat die waar­heid wil ver­bloem nie. “Pa­si­ën­te dik aan oor hoe­veel groen­te en vrug­te hul­le eet, en ver­swyg ge­rief­lik­heids­hal­we hoe­veel ge­mors­kos hul­le eet,” sê Katz. Na­vor­sing aan die Har­var­d­u­ni­ver­si­teit in die VSA het ge­toon dat pa­si­ën­te met ti­pe 2di­a­be­tes dik­wels hui­we­rig is om hul eet­ge­woon­tes be­kend te maak om­dat hul­le skaam is en voel dat hul­le ge­oor­deel sal word. Maar vol­gens Katz hoef jy niks vir hom (en die mees­te van sy kol­le­gas) weg te s­teek nie. “Ek wil my bloot van die fei­te ver­ge­wis so­dat ek be­ter vir jou kan sorg,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.