UIT DAAR­MEE! Hoe­veel jy rég­tig drink.

Goeie Huishouding - - Jou Lyf -

Hoe­kom dit be­lang­rik is: Vir vroue met se­ke­re ri­si­ko­fak­to­re kan selfs een dran­kie ’n dag haar kans op bors­kan­ker ver­hoog. Ook, as toet­se op ver­hoog­de le­we­ren­sie­me dui en jou dok­ter is nie daar­van be­wus dat jy al­ko­hol ge­bruik nie, kan sy dalk die probleem op die ver­keer­de plek soek, wat tot on­no­di­ge toet­se of be­han­de­ling kan lei. Ve­le soor­te me­di­ka­sie en drank be­hoort ook na­tuur­lik glad nie ge­meng te word nie. “Selfs een of twee gla­se wyn per aand kan ’n uit­wer­king op me­di­ka­sie hê, na ge­lang van jou on­der­lig­gen­de ge­sond­heid, jou ou­der­dom en an­der fak­to­re,” sê P­hil­lips, die skry­wer van The Exhausti­on B­re­akthrough (Ro­da­le Books). Sê dit só: Dok­ters word as me­die­se stu­den­te al ge­leer om die hoe­veel­heid wat hul pa­si­ën­te sê hul­le drink te ver­dub­bel of selfs te ver­drie­dub­bel as hul­le ver­moed daar is ’n probleem, sê Gold­berg, die skry­wer van Dr. Nie­ca Gold­berg’s Com­ple­te Gui­de to Wo­men’s He­alth (Bal­lan­ti­ne Books). Gee dus be­son­der­he­de. As jy werk­lik nie baie drink nie, sê by­voor­beeld: “Ek drink ’n gla­sie wyn saam met aand­e­te, soms twee – maar sel­de meer as dit.”

Hou ma­tig­heid voor oë!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.