so­si­a­le me­dia?

Ons sê gou vir ons kin­ders hul­le moet twee keer dink voor­dat hul­le fo­to’s en in­lig­ting op so­si­a­le me­dia deel, maar dit is dalk tyd dat ons ons eie raad be­gin volg, skryf Sophie Ba­ker. Om te veel in­lig­ting en fo­to’s van jou kin­ders aan­lyn te deel kan hul­le

Goeie Huishouding - - Jou lewe -

DIT WORD “SHAREN­TING” GE­NOEM – ’n ou­er­s­kap­ten­dens wat uit ’n voort­du­rend ver­an­de­ren­de wê­reld ont­staan het. Dit ver­wys na ou­ers wat twiet, fo­to’s deel en hul aan­lyn krin­ge op die hoog­te bring van el­ke as­pek van hul kin­ders se le­we, van hul eer­ste tree tot hul gra­de­pleg­tig­heid en al­les tus­sen­in.

Geen vo­ri­ge ge­ne­ra­sie het so in die o­pen­ba­re oog groot­ge­word soos van­dag se kin­ders nie. Trou­ens, baie jong kin­ders is al voor hul ge­boor­te op Fa­ce­book as niks meer nie as ’n on­dui­de­li­ke ul­tra­klankskan­de­ring saam met ’n aan­kon­di­ging oor hul koms. As jy ’n ou­er is wat graag jou vrien­de en fa­mi­lie oor jou kin­ders se le­we in­lig, waar­sku ou­er­skap­ken­ners dat jy al­tyd eers moet dink of die goed wat jy nou oor jou kin­ders deel, oor 10 of 15 jaar vir hul­le im­pli­ka­sies kan in­hou.

Wat is die groot­ste gevare van “sharen­ting” ?

Na­tuur­lik is daar ’n paar voor die hand lig­gen­de gevare in ver­band met fo­to’s wat in die o­pen­ba­re ruim­te ge­deel word in ter­me van pe­do­fi­lie en die ont­hul­ling van jou kin­ders se per­soon­li­ke be­son­der­hde, soos hul naam, ou­der­dom en pre­sie­se lig­ging ( baie fo­to’s op so­si­a­le me­dia word met ’n lig­ging ge­merk en kan jou huis of ken­mer­ken­de ba­kens uit­wys). On­lang­se na­vor­sing in die VSA het ge­toon dat so­wat 40% van ou­ers dink dis ou­kei om fo­to’s van hul kin­ders in hul on­der­kle­re te deel, en nie net op hul pri­va­te Fa­ce b ook-blad nie, maar ook o pI ns ta­gr a­men soort­ge­ly­ke so­si­a­le me­dia plat­forms waar dié fo­to’ s in o­pen­ba­re be­sit kan wees. Dis mak­lik om fo­to’s van so­si­a­le me­dia af te laai en te ver­sprei, en ou­ers moet daar­van be­wus wees dat hul on­skul­di­ge fo­to’s op baie meer ver­dag­te web­wer­we en -groe­pe ver­sprei kan word.

Daar is eg­ter an­der gevare wat min­der van­self­spre­kend is, maar nie min­der erns­tig nie. Die mees­te hier­van hou ver­band met die skep van ’n i­den­ti­teit vir jou kind, ver­al een wat hom of haar in die toe­koms kan be­na­deel. Na­ta­lee Hol­mes, ’n ou­er­skap­ken­ner, ver­dui­de­lik: “Deur goed oor ons kin­ders aan­lyn te deel, skep ons vir hul­le ’n per­so­na – dik­wels son­der hul toe­stem­ming of selfs hul we­te. Ons deel ver­spot­te of ou­li­ke en selfs stou­te goed wat hul­le sê of doen. Ons dink niks daar­van om fo­to’s van hul­le te deel nie, hoe­wel die mees­te van ons ons eie pro­fiel só stel om ons in te lig wan­neer ie­mand ’n fo­to van ons op­laai.”

Jou kind se di­gi­ta­le voet­spoor

Deur fo­to’s en nuus van jou kin­ders op so­si­a­le me­dia te deel, skep jy vir hul­le ’n di­gi­ta­le voet­spoor en i­den­ti­teit – dik­wels een waar­in hul­le geen sê ge­had het nie, en wat jy dalk nie be­sef het nie. Teen die tyd dat kin­ders oud ge­noeg is om self so­si­a­le me­dia te ge­bruik, het baie reeds ’n vol­le­di­ge i­den­ti­teit wat vir hul­le wag en wat saam­ge­stel is deur in­lig­ting wat hul ou­ers ver­skaf het. “Wan­neer dit by kin­ders kom, is ons ge­neig om die law­we goed te deel, din­ge wat ons trots maak, of voor­beel­de van waar hul­le hul­le wan­ge­dra. In ie­der ge­val is die beeld wat jy van jou kind skep nie vol­le­dig nie,” sê Hol­mes.

Hoe­wel dit ska­de­loos en oulik vir jong kin­ders kan klink, ont­hou dat dit baie moei­lik is om iets per­ma­nent te ver­wy­der as dit eers op die in­ter­net is. Die di­gi­ta­le voet­spoor wat ons vir ons kin­ders na­laat, moet een wees wat hul­le nie la­ter sal ver­ne­der of skaam maak nie. Boon­op moet dit van so ’n aard wees dat hul­le nie sal om­gee as e­ni­ge toe­koms­ti­ge werk­ge­wer, vriend of le­wens­maat daar­van weet nie.

Die siel­kun­di­ge Me­la­nie Hart­gill stem saam en sê hoe­wel die “e­ti­ket­te­ring van kin­ders niks nuut is nie”, het die koms van so­si­a­le me­dia die pro­ses baie mak­li­ker ge­maak. Sy sê ook die se­lek­tie­we aard van so­si­a­le me­dia “maak dit mak­lik om ’n spe­si­fie­ke ‘soort’ kind aan die pu­bliek voor te hou” selfs al is dit nie ’n wa­re weer­spie­ë­ling van sy of haar per­soon­lik­heid nie.

“Ou­ers moet die goed sen­sor wat hul­le van hul kin­ders deel,” sê Hol­mes. As jou kind by­voor­beeld aan­ge­neem is, wil jy dalk dié in­lig­ting pri­vaat hou tot­dat jou kind weet en ten vol­le be­gryp dat hy aan­ge­neem is. An­der men­se kan on­we­tend pri­va­te in­lig­ting uit­lap. Jou kind kan dalk op ’n an­der ma­nier uit­vind as wat jy beplan het, en dit sal sy ver­troue in jou skend.

Hol­mes sê een van die an­der groot­ste gevare van “sharen­ting” is die ge­brek aan kon­teks vir an­der men­se. Hoe­wel jý die sto­rie ken ag­ter ’n skyn­baar on­skul­di­ge fo­to of brok­kie wat jy van jou kind aan­lyn deel, is dit be­lang­rik om te ont­hou dat as an­der dit nié weet nie, dit jou of jou kind in ’n swak lig kan plaas en ’n na­de­li­ge uit­wer­king kan hê op hoe die wê­reld jou kind sien.

Dit geld nie net jong kin­ders nie. Ou­ers wat hul tie­ners in so­si­a­le­me­di­a­pla­sings merk, moet se­ker wees dat dié pla­sings nie vir hul­le ’n ver­leent­heid sal wees of vir

boelies skiet­goed gee nie. Kin­ders kan wreed wees en daar­om kan selfs pla­sings van ja­re ge­le­de pro­ble­me ver­oor­saak. En om­dat baie ou­ers aan­lyn met hul kin­ders se vrien­de ver­bind is, moet hul­le ook ver­sig­tig wees oor wat hul­le om­trent hul­self deel. Een on­lang­se voor­beeld was van ’n ma wat saam met vrien­din­ne uit­ge­gaan het. ’n Vrien­din het ’n fo­to van haar ge­deel waar­op sy ’n vi­bra­tor vas­hou en lag. Die fo­to is on­der die kin­ders ver­sprei en het ver­oor­saak dat haar dog­ter ver­ne­der en ge­boe­lie is.

Hoe­kom jy op lang ter­myn moet dink

Na­ma­te jou kin­ders ou­er raak, kan dié fo­to’s en pla­sings meer as net ’n bron van ver­ne­de­ring raak, sê Hol­mes. Dit kan ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op hul toe­koms­ge­leent­he­de hê. Dié pro­fie­le kan steeds toe­gank­lik wees teen die tyd dat jou kind u­ni­ver­si­teit toe gaan of be­gin werk. Om­dat ál meer voor­ne­men­de werk­ge­wers en ter­si­ê­re in­stel­lings so­si­a­le me­dia pro­fie­le na­gaan voor­dat hul­le kan­di­da­te aan­vaar, móét ons die toe­koms­ti­ge ge­vol­ge oor­weeg van pla­sings waar­by ons ons kin­ders be­trek.

Sal jou be­skry­wing van jou agt­ja­ri­ge wat fra­ses uit Fif­ty S­ha­des of G­rey aan­haal na­dat hy per a­buis op die DVD af­ge­kom het steeds daar wees wan­neer hy die hoof van ’n groot maat­skap­py is? Wat as jou nou vol­was­se kind op ’n pla­sing af­kom waar­in jy haar on­guns­tig met ’n broer of sus­ter ver­ge­lyk het, of waar­in jy aan­be­ve­lings vir ’n spe­si­a­lis ge­vra het vir haar fi­sie­ke, e­mo­si­o­ne­le of gees­tes­ge­sond­heid kwes­sies wat sý ge­dink het jy pri­vaat ge­hou het?

’n Deel van die ma­nier waar­op kin­ders hul i­den­ti­teit vorm, is deur pri­va­te in­lig­ting oor hul­self te hê, en dit pri­vaat te hou. Ons kan ons kin­ders mak­lik daar­van ont­neem deur te veel op so­si­a­le me­dia te deel en só vin­nig die gren­se tus­sen o­pen­ba­re en pri­va­te in­lig­ting ver­vaag. Die ge­vaar is dat dié nu­we di­gi­ta­le- i­den­ti­teit­ont­wik­ke­ling’ n bly­wen­de uit­wer­king op’ n kind kan hê, selfs tot in vol­was­sen­heid. “Goed op die in­ter­net is per­ma­nent en kin­ders het die vol­ste reg om te sê hul­le wil nie hê ’n fo­to moet aan­lyn ge­deel word nie. Jy dink dalk dis oulik, maar hul­le nié en dié fo­to’s kan hul­le tot in hul tie­ner- en groot­mens­le­we trei­ter,” sê Hart­gill.

Be­te­ken dit jy mag niks oor jou kin­ders deel nie?

Moet jy dus op­hou om goed oor jou kin­ders te plaas? Dis jou be­sluit, maar Hol­mes be­veel aan dat jy ’n paar din­ge in ge­dag­te hou. “Ont­hou, jou kin­ders is k­lein mensies, nie ‘net kin­ders’ nie. Hul­le sal ook self­beeld­pro­ble­me soos die res van ons hê, en hul­le sal ook een­dag hul­self in die bes­te lig wil uit­beeld,” sê Hol­mes. Ge­bruik die­self­de kri­te­ria wan­neer jy iets van jou kin­ders plaas as wat jy sou wou hê vrien­de en fa­mi­lie moet ge­bruik wan­neer hul­le ’n fo­to of in­lig­ting van jóú wil deel. Ver­beel jou daar’s ie­mand wat el­ke be­we­ging van jou volg en dit met die pu­bliek deel. Hoe sou jy wou hê moet hul­le jou uit­beeld? Wat­ter de­le sou jy liefs wou uit­laat? Be­han­del jou kin­ders met die­self­de be­dag­saam­heid, sê Hol­mes.

“En so­dra hul­le oud ge­noeg is, moet jy be­gin vra: ‘Gee jy om dat ek dié fo­to met men­se deel?’ ” sê Hol­mes. “Ons leer kin­ders van jongs af om hul­self en hul lig­gaam te be­skerm, en dis net so be­lang­rik om hul aan­lyn i­den­ti­teit te be­skerm. Dis nie iets waar­oor die mees­te van ons ge­dink het of be­sorg was toe óns groot­ge­word het nie, maar die wê­reld waar­in ons kin­ders leef, is soos ’n werk-lik­heids­a­re­na, en dit moet as so­da­nig be­skou word.”

“ONT­HOU, JOU KIN­DERS IS K­LEIN MENSIES , NIE ‘NET KIN­DERS’ NIE”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.