O, die her­in­ne­rin­ge!

Goeie Huishouding - - Van Die Redakteur - Sal­ly E­me­ry, RE­DAK­TEUR sal­lye@as­so­cme­dia.co.za VOLG MY @GH_ Sal­ly

WAN­NEER MEN­SE MY VRA wie die be­kend­ste mens is wat ek al ont­moet het, is dit ’n mak­li­ke ant­woord: Oprah Winfrey. Dit was by­na 15 jaar ge­le­de en in daar­die sta­di­um het As­so­ci­a­ted Me­dia Pu­blis­hing ge­skie­de­nis ge­maak as die e­nig­ste uit­ge­wer bui­te die VSA wat die reg ge­kry het om ’n plaas­li­ke weer­ga­we van O, The Oprah Ma­ga­zi­ne uit te gee. Ek het toe by Cos­mo­po­li­tan ge­werk en ons het al­mal in die raad­saal op die boon­ste ver­die­ping van ons kan­toor­ge­bou – met ’n 360 °-uit­sig op Ta­fel­berg en die baai – by­me­kaar­ge­kom om die ster te ont­moet wat ’n rol­mo­del vir mei­sies en vroue oor die wê­reld heen ge­word het.

Die sto­ries on­der die per­so­neel­le­de voor en ná Oprah se be­soek was le­gen­da­ries, soos verf­mer­ke teen die trap­pe se muur wat vin­nig met Tipp-Ex toe­ge­verf is en ie­mand wat die ser­vet wat Oprah ge­bruik het as ’n aan­den­king ge­gaps het.

Hoe­wel ek nie ont­hou wat Oprah en haar bes­te vrien­din, Gay­le King, wat saam met haar op toer was, in hul toe­spra­ke aan ons ge­sê het nie, kan ek ons per­soon­li­ke ge­sprek dui­de­lik ont­hou, want wan­neer Oprah met jou praat, gee sy haar vol­le aan­dag. Ons ge­sprek het oor die fliek Fin­ding Ne­mo ge­han­del wat pas be­kend­ge­stel was. Sy het ge­vra of ek kin­ders het en het my laat be­lo­we dat ek sou se­ker maak hul­le kyk dit. Sy het ver­tel van die vreug­de wat sy er­vaar het ter­wyl sy dit saam met die kin­ders in haar le­we ge­kyk het, en van die les­se wat dit in­hou.

Ek ont­hou ook dat ek net voor die ont­moe­ting teen ’n bos le­lies in die kan­toor ge­skuur het wat my room­kleu­ri­ge hemp vol o­ran­je stuif­meel ge­maak het. As ek maar net des­tyds ’n GH- mei­sie en nie ’n Cos­mo- mei­sie was nie, sou ek ge­weet het dat die erg­ste ding wat jy kan doen, is om die stuif­meel te pro­beer af­vee ( jy moet dit vin­nig met kleef­lint af­lig – dit werk soos ’n bom!). Dit be­te­ken ek het een van die mees ge­lief­de vroue ter wê­reld ont­moet in ’n hemp vol roes­ag­ti­ge stre­pe . . . O, die ver­leent­heid!

Oprah se be­ko­ring het nie ver­dof nie; dit skyn ál hel­der­der en was die spran­ke­lend­ste tot nog toe by die Gol­den Glo­be­toe­ken­nings­pleg­tig­heid in Ja­nu­a­rie van­jaar. Sy het die ge­hoor aan haar lip­pe ge­had met ’n toe­spraak wat soos ’n veld­brand op die in­ter­net ver­sprei het – sy het haar stem en haar on­der­steu­ning ge­bied aan vroue oor die wê­reld heen wat teen mis­han­de­ling op­staan.

Ek voel so ge­ëerd om haar van­dees­maand weer op ons voor­blad te hê. Blaai na bladsy 16 vir ’n goeie do­sis O­prah­wys­heid wat jou vir se­ker sal in­spi­reer.

Die inspirasie hou nie daar op nie: Ons het 101 blink plan­ne en slim kort­paaie en i­dees wat jou daag­lik­se le­we glad­der sal laat ver­loop ( ja, as­se­blief!) – kyk op bladsy 113; waar­voor jy moet uit­kyk op jou skoon­heids­pro­duk­te se be­stand­de­le­lys ( bladsy 38); raad om jou kind te be­moe­dig en te help as hy of sy aan angs ly ( bladsy 62); as­ook cool (ek pro­beer om nie ei­er­soor­ti­ge te sê nie!) i­dees vir Paas­fees – van ei­ers ver­sier tot on­ge­wo­ne ge­vul­de ei­ers ( bladsy 94). Maar my guns­te­lin­g­ar­ti­kel is op bladsy 66 – ek is ver­sot op hier­die ver­jaar­da­gi­dee en wil dit reg­tig pro­beer.

Ek sluit af met die woor­de van ons voorbladster: Gaan leef hier­die Maart én die res van die jaar jou bes­te le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.