OPRAH WINFREY

Is al­tyd in­spi­re­rend. Hier ge­sels sy met oor die groot­ste les­se wat sy ge­leer het en haar hoop vir die toe­koms. Luis­ter mooi – dié on­der­houd we­mel van die wys­heid (hoe dan an­ders?!)

Goeie Huishouding - - Skoonheidskopies -

V: Oprah, jou Gol­den Glo­be-toe­spraak was won­der­lik en in­spi­re­rend. Wat dink jy is die groot­ste les wat jy tot dus­ver in jou le­we en loop­baan ge­leer het? OPRAH: Die groot­ste les wat ek in my loop­baan ge­leer het, kom van Ma­ya An­ge­lou. Ek het haar al ’n ruk­kie ge­ken toe sy een­dag ge­sê het: “Jy weet, my skat, jy moet leer dat wan­neer men­se vir jou wys wie hul­le is, moet jy hul­le die eer­ste keer glo. Die eer­ste keer. En jóú pro­bleem is dat dit jou 29 keer neem om die­self­de les te leer wat el­ke keer net in ’n an­der romp of broek ge­klee is.”

Ek dink dit is een van die groot­ste wys­he­de wat ek al ge­leer het – om vol­gens men­se se ge­drag en hul op­tre­de, nie net teen­oor my nie, maar ook teen­oor an­der men­se, vas te stel wie hul­le is. Want as men­se van an­der men­se praat, gaan hul­le van jou ook praat. Ek dink wat be­roeps- en per­soon­li­ke ver­hou­dings be­tref, was dit nog al­tyd my groot­ste les. En om be­skeie te bly het ook nog al­tyd vir my ge­werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.