Ge­sigEs­sens

Goeie Huishouding - - Jou Voorkoms -

’n Ge­sig-es­sens is ’n lig­te, hi­dre­ren­de vloei­stof wat ge­for­mu­leer is om die vel voor te be­rei voor­dat ’n be­vog­ti­ger of se­rum aan­ge­wend word. Hoe ver­skil ’n es­sens dan van ’n ver­fris­ser? Ver­fris­sers ver­wy­der e­ni­ge oor­bly­wen­de g­ri­me­ring en her­stel die vel se pH­ba­lans. ’n Ge­sig-es­sens het ge­woont­lik ’n ho­ër digt­heid as ’n ver­fris­ser en be­vat ak­tie­we be­stand­de­le wat voor­de­lig vir die vel is. Om ’n es­sens aan te wend, drup ’n paar drup­pels in jou hand­palm en druk dit dan op jou ge­sig tot­dat jou vel dit ab­sor­beer. ’n Ge­siges­sens is ’n ge­wil­de deel van Ko­re­aan­se vroue se skoon­heids­roe­ti­ne, en wen wê­reld­wyd al hoe meer veld. 1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.