STRES MIN­DER

Goeie Huishouding - - Jou Lewe -

Som­mi­ge her­in­ne­rin­ge kan jou angs­tig maak (ont­hou jy die keer toe jy jou eie kuif ge­knip het?), ter­wyl an­der ’n op­beu­ren­de uit­wer­king het wat jou in se­nu­ter­gen­de si­tu­a­sies kan ge­rus­stel. Dit was die be­vin­ding van ’n on­lang­se s­tu­die aan die Rut­gers­u­ni­ver­si­teit in die VSA. “Om aan ge­luk­ki­ge tye te dink sti­mu­leer die be­lo­ning­ver­wan­te ver­bin­dings in die brein. Dit kan da­de­lik as ’n buf­fer teen jou stres­hor­moon­vlak­ke dien en kan jou vir tot ’n uur kalm hou,” sê Me­gan S­peer, ’n me­de­skry­wer van die s­tu­die. Bê­re dus daar­die soe­te so­mer­her­in­ne­rin­ge vir wan­neer jy weer ge­span­ne voel!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.