KRAAI KO­NING

Zo­li­tha Magen­ge­le­le, ’n mo­de­ont­wer­per, het met haar flair vir styl The Cook’s Ta­ble, ’n toon­aan­ge­wen­de op­wip-uit­ee­ter­va­ring, ge­skep. Deur G­ly­nis Hor­ning

Goeie Huishouding - - Jou Lewe -

Zo­li­tha het van jongs af in mode be­lang­ge­stel en aan die De­sign A­ca­de­my of Fashi­on en die Hau­te Cou­tu­re School of Fashi­on De­sign in Kaap­stad ge­stu­deer voor­dat sy as aan­ko­per vir win­kel­groe­pe soos Tru­wort­hs, Ed­gars en Mr Pri­ce ge­werk het. Toe haar drang na kre­a­ti­wi­teit haar rus­te­loos ge­maak het, het sy dit in vry­skut­sti­le­ring vir tyd­skrif­te en mu­siek­vi­deo’s uit­ge­leef. Zo­li­tha het ook ’n kin­der­kle­re­reeks, Peeki­nin, ont­werp wat sy aan­lyn ver­koop. Maar sy het ver­al be­vre­di­ging er­vaar toe sy let­ter­lik haar kre­a­ti­wi­teit ge­voed het – deur vir an­der kos te be­rei en te sti­leer.

“Ek het dit nog al­tyd ge­niet om vir v­rien­de te kook, en as kind het ons in my ma se huis in K­haye­lit­sha bak­kom­pe­ti­sies ge­hou. In Kaap­stad is aand­e­tes waar elk­een ’n ge­reg by­dra die in­ding, en ek het dit ge­mis toe ek ter wil­le van my werk as aan­ko­per Jo­han­nes­burg toe moes trek. Toe be­gin ek men­se oor­nooi ná werk om vir hul­le kos te maak.”

Vir Zo­li­tha is eet meer as om bloot kos in jou mond te druk: “Dit moet al jou sin­tuie prik­kel.” Een aand in 2013, na­dat hul­le ’n heer­li­ke maal­tyd saam ge­niet het, het ’n vriend ge­vra: “Hoe­kom laat jy nie men­se be­taal om by jou te kom eet nie?” Die i­dee het be­gin prut, maar dit was eers na­dat Zo­li­tha in No­vem­ber 2015 van kraam­ver­lof te­rug­ge­keer het en sy haar werk as aan­ko­per ver­loor het dat sy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.