Ta­co’s met “ge­braai­de” a­vo­ka­do

Goeie Huishouding - - Jou Kombuis - Be­rei­dings­tyd To­ta­le tyd

40 mi­nu­te Klits ¼ k meel en ¼ t elk sout en pe­per saam in ’n bak­kie. Klits 2 ei­er­wit­te lig­gies in ’n twee­de bak­kie. Meng 1 k pan­ko­krum­mels met 2 e o­lyf­o­lie in ’n der­de bak­kie. Sny 2 a­vo­ka­do’s (ge­hal­veer) in sky­we van 1,5 cm dik. Be­dek die sky­we een op ’n slag met die meel, dan die ei­er en dan die krum­mels; druk dit lig­gies vas. Plaas dit op ’n ge­ran­de bak­plaat wat met foe­lie be­dek is en met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is. Bak by 220 °C vir 20 tot 25 mi­nu­te tot bruin. Ras­per in­tus­sen die skil van 1 lem­me­tjie fyn in ’n groot bak en druk 2 e van die sap daar­oor uit. Klits 4 e ma­yon­nai­se en ’n knip­pie sout daar­by. Voeg ½ k­lein rooi­kool, 2 spriet­uie en 1 ja­la­peño (saad­jies ver­wy­der), al­les in dun re­pies ge­sny, by en meng goed. Vou ½ k vars kol­jan­der­bla­re daar­by in. Sit die a­vo­ka­do’s en kool­slaai voor met warm meel­tor­til­las, lem­me­tjie­wig­gies en suur­room, as jy wil. Ge­noeg vir 4.

EL­KE POR­SIE

10 mi­nu­te So­wat 2 510 kJ, 12 g pro­te­ïen, 35 g vet (6 g ver­sa­dig), 62 g kool­hi­dra­te, 11 g ve­sel, 845 mg na­tri­um. GOEIEHUISHOUDING.CO. ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.