Roos­ter­brood met bros ei­ers

Goeie Huishouding - - Jou Kombuis -

BROS EI­ERS Breek 1 groot ei­er elk in 2 k­lein kop­pies. Ver­hit 3 e o­lie in ’n kleef­vrye pan op me­di­um-hoë hit­te tot baie warm. Laat die ei­ers ver­sig­tig uit die kop­pies in die o­lie gly; staan te­rug, want dit sal spat. Braai tot­dat die wit­te goud­bruin en bros om die ran­de en ge­stol om die ge­le is (2 mi­nu­te). As die ran­de don­ker is, maar die wit het nie ge­stol nie, haal die pan van die hit­te af; be­dek vir 10 se­kon­des of tot­dat die wit­te gaar is. Geur met sout en pe­per. Maak 2. ROOS­TER­BROOD MET BASILIE EN ROKET Zirts ½ k o­lyf­o­lie en ¼ k ge­kap­te vars basilie in ’n ver­men­ger. Roos­ter 2 snye brood. Rond af met roket, ge­krum­mel­de bok­kaas en 1 bros ei­er. Be­druip met basilie-o­lie. ROOS­TER­BROOD MET KER­RIE-A­VO­KA­DO Roos­ter ½ t ker­rie­poei­er in ’n k­lein, droë pan tot geu­rig (1 mi­nuut). Roer 2 e o­lyf­o­lie by en plaas een­kant. Maak 1 a­vo­ka­do met 2 t lem­me­tjie­sap en ⅛ t sout fyn. Roos­ter 2 snye brood. Skep die a­vo­ka­do op elk­een, as­ook 1 bros ei­er en ge­kap­te kol­jan­der. Be­druip met ker­rie-o­lie. ROOS­TER­BROOD MET RO­KE­RI­GE ROOI SOET­RIS­SIE Roos­ter ½ t ge­rook­te pa­pri­ka in ’n k­lein, droë pan op ma­ti­ge hit­te tot geu­rig (1 mi­nuut). Roer 2 e o­lyf­o­lie by en plaas die pan een­kant. Roos­ter 2 snye brood. Rond af met ge­roos­ter­de-rooi­soet­ris­sie­hum­mus en 1 bros ei­er. Be­druip met die ge­rook­te­pa­pri­ka-o­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.