450 g spag­het­ti 5 groot ei­ers ½ k fyn­ge­ras­per­de par­me­saan, plus ek­stra vir gar­ne­ring 4 snye spek, ge­kap 1 k­lein ui, fyn­ge­kap ge­snip­per­de gras­uie, vir gar­ne­ring

Goeie Huishouding - - Jou Kombuis -

1. Kook die spag­het­ti vol­gens die aan­wy­sings op die ver­pak­king, en be­hou ¾ k van die pas­ta­wa­ter voor­dat jy dit drei­neer. 2. Klits in­tus­sen die ei­ers, par­me­saan, ½ t sout en ¼ t pe­per saam tot ge­meng. 3. Braai die spek vir so­wat 5 mi­nu­te in ’n 30 cm-pan op ma­ti­ge hit­te tot bruin en bros; roer af en toe. Skep met ’n gleufle­pel op hand­doek­pa­pier om te drei­neer. Giet die vet af, maar be­hou 2 e daar­van. 4. Braai die ui in die­self­de pan op ma­ti­ge hit­te tot sag; roer van tyd tot tyd. Voeg die ei­ers by; roer een of twee keer tot am­per ge­stol en tot­dat groot wron­gels vorm. 5. Meng die ei­ers, spek en pas­ta­wa­ter wat jy een­kant ge­hou het in ’n groot bak met die warm pas­ta. Gar­neer met gras­uie en par­me­saan. EL­KE POR­SIE So­wat 1 840 kJ, 20 g pro­te­ïen, 59 g kool­hi­dra­te, 13 g vet (4 g ver­sa­dig), 4 g ve­sel, 270 mg na­tri­um. GOEIEHUISHOUDING.CO. ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.