Ko­nyn­stert­koe­kies

Goeie Huishouding - - Jou Kombuis -

Rol va­niel­je­soet­koe­kie­deeg (re­sep hier on­der) 0,3 cm dik uit. Ge­bruik ’n ron­de 7,5 cm-koe­kie­druk­ker, met meel be­sprin­kel, om sir­kels vir die ly­fies uit die deeg te druk. Neem ’n ei­er­vor­mi­ge 2,5 cm­koe­kie­druk­ker, met meel be­sprin­kel, om o­va­le vir die poot­jies uit te druk. Bak vol­gens aan­wy­sings. Sit dit aan­me­kaar: Smeer pienk en wit ver­sier­sel op die af­ge­koel­de ron­de en o­vaal koe­kies. Druk die o­vaal koe­kies op die ran­de van die ron­des vas; druk mi­ni­mal­va­lek­kers in die mid­del vir ster­te. Plaas pienk M&M’s in die mid­del van die poot­jies en pienk ver­sui­ker­de son­ne­blom­sa­de op die rand van die poot­jies vir to­ne. Laat staan tot ge­set (so­wat 2 uur). VANIELJESOETKOEKIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.