3 groot ei­er­wit­te ¼ t kre­me­tart ½ k sui­ker ½ t va­niel­je-ek­strak ¾ k pi­kan­te suur­le­moen­smeer (re­sep hier on­der) of ge­koop­te suur­le­moen­smeer

Goeie Huishouding - - Jou Kombuis -

1. Plaas een rak in die mid­del van die oond; voor­ver­hit tot 110 °C. Voer ’n groot bak­plaat met bak­pa­pier uit. 2. Klop die ei­er­wit­te met ’n knip­pie sout in ’n mid­del­slag­bak met die men­ger op ’n ma­ti­ge spoed tot skui­me­rig. Voeg die kre­me­tart by en klop op me­di­um-hoog tot­dat sag­te pun­te vorm. Voeg die sui­ker 1 e op ’n slag by tot­dat sty­we, glad­de pun­te vorm. Klop die va­niel­je by. 3. Skep die me­rin­gue in ’n ver­sier­sak met ’n ster­punt, of in ’n her­se­ël­ba­re plas­tiek­sak waar­van een hoe­kie af­ge­sny is. Druk 6 sir­kels van 7,5 cm elk in deur­snee op die bak­plaat uit met 2,5 cm tus­sen elk­een. Druk ran­de 2 cm hoog rond­om el­ke sir­kel uit. Bak 1 uur. 4. Ska­kel die oond af en laat die me­rin­gues 1½ uur in die oond met die deur toe af­koel. Haal uit die oond; laat heel­te­mal af­koel. Bê­re tot 1 week in ’n lug­dig­te hou­er. Om voor te sit, vul el­ke me­rin­gue met so­wat 1½ e suur­le­moen­smeer. EL­KE POR­SIE So­wat 860 kJ, 3 g pro­te­ïen, 34 g kool­hi­dra­te, 7 g vet (4 g ver­sa­dig), 140 mg na­tri­um. PI­KAN­TE SUUR­LE­MOEN­SMEER 1. Ge­bruik 3 mid­del­slag-suur­le­moe­ne om 1 e skil van fyn te ras­per en ⅔ k sap uit te druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.