DIE BES­TE I­DEE VIR JOU VOL­GEN­DE VER­JAAR­DAG

Van­jaar het ek my ver­jaar­dag ge­bruik om my kin­ders te wys ’n mens kan dié dag an­ders vier.

Goeie Huishouding - - Front Page - Deur Me­lo­dy War­nick

Kort voor my 37ste ver­jaar­dag het ek ’n blog ge­lees van Ro­byn Bo­mar, wat op haar ver­jaar­dag in haar tuis­dorp stil-stil goeie da­de ver­rig het. Sy het een­vou­di­ge, mooi din­ge ge­kies om saam met haar kin­ders te doen, soos om suig­stok­kies in die park en bal­lon­ne in die hos­pi­taal uit te deel.

Ek het baie van dié i­dee ge­hou, maar dit het my ook laat na­dink. My ver­jaar­dag is die een dag in die jaar wan­neer ék die mid­del­punt van al­les is: Die koek is vir mý, die ge­sken­ke vir mý, die Fa­ce­book-bood­skap­pe is vir mý mý mý. Moes ek reg­tig ook op dié dag aan an­der dink?

En tog, my man was nie by die huis nie en ek wou die dag op ’n nu­we ma­nier vier.

En só, op die og­gend van my 37ste ver­jaar­dag – saam met my dog­ters, El­la (toe 11) en Ru­by (toe 6) – het ek vroeg weg­ge­spring voor­dat die kwik te hoog ge­styg het. Ons het ’n koel­hou­er met koue wa­ter in bot­tels na die kant van ’n plaas­li­ke stap­roe­te ge­dra. Op die dek­sel het ons aan­ge­kon­dig: “Ge­niet die wa­ter – met ons kom­pli­men­te!” Ons het te­rug­ge­hard­loop na ons mo­tor en ge­gig­gel oor die draw­wers wat ver­baas in hul spo­re vas­ge­steek het.

Daar was ’n soort mal­lig­heid daar­aan om geld op ver­skil­len­de plek­ke op die speel­ter­rein te los en ’n ge­skenk­be­wys aan ’n vrien­din se voor­deur vas te plak, net om dan soos be­se­te­nes weg te hard­loop. Aan die an­der kant het men­se klaar­blyk­lik van die mal­lig­heid ge­hou. Toe ons by die bi­bli­o­teek ’n do­syn o­lie­bol­le aan die per­so­neel­lid by die toon­bank oor­han­dig, het sy uit­ge­roep: “So­waar? Vir my?”

Ek het be­sluit om 17 goeie da­de te ver­rig om­dat ek op die 17de ver­jaar. By die su­per­mark waar ons ge­skenk­be­wy­se ge­koop het, het ons munt­stuk­ke aan die klou­ma­sjien vas­ge­plak so­dat ’n kind met skerp oë gra­tis ’n speel­ding kon pro­beer vang.

Toe ons daar­na bos­se blom­me vir een­sa­me pa­si­ën­te in die hos­pi­taal ge­neem het, het ons geld op die on­ge­val­le-af­de­ling se koel­drank­ma­sjien ge­los so­dat ie­mand dalk net in die mid­del van ’n kri­sis ’n on­ver­wag­se la­fe­nis kon ge­niet.

As kind sou ek op my ver­jaar­dag wak­ker word en al­les in my sou weet: Van­dag is mý dag. Maar van­jaar het my ver­jaar­dag oor al­mal rond­om my ge­gaan. Daar was geen partytjie nie, geen hoop ge­sken­ke nie; my man het nie eens my guns­te­ling­ge­reg ge­maak nie. En tog het ek gro­ter op­ge­won­den­heid oor my ver­jaar­dag ge­voel as in ja­re.

Op daar­die dag het ek en my kin­ders ’n ha­we­lo­se man op ’n ban­kie in die stad ge­sien. Met Ru­by en El­la kort op my hak­ke het ek ’n sak kos aan hom oor­han­dig. “Dit is vir jou,” het ek ge­sê. Hy het woor­de­loos ge­knik, maar dit was net so goed soos om met my ver­jaar­dag ge­luk­ge­wens te word.

“Daar was geen partytjie nie, geen hoop ge­sken­ke nie ... En tog het ek gro­ter op­ge­won­den­heid oor my ver­jaar­dag ge­voel as in ja­re”

Me­lo­dy (bo) en haar dog­ters deel on­der meer blom­me en wa­ter uit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.