“Wow”-fak­to­re!

Goeie Huishouding - - Van Die Redakteur - sal­lye@as­so­cme­dia.co.za VOLG MY @GH_ Sal­ly

EK WEET NIE hoe­kom dit my laat voel of ek am­per e­ni­ge iets kan baas­raak wan­neer my hare mooi droog­ge­blaas is nie; ek weet net dit is so. Een van die bes­te skoon­heids­ge­sken­ke nóg was van my haar­kap­per ja­re ge­le­de toe sy nie my hare droog­ge­blaas het na­dat sy dit ge­sny het nie. P­leks daar­van het sy die bor­sel (ek het dit na­tuur­lik da­de­lik ná die tyd ge­koop – jy het een met ’n ke­ra­miek­si­lin­der no­dig wat hit­te be­hou) en die haar­dro­ër ge­gee en ag­ter my ge­staan en my pre­sie­se aan­wy­sings ge­gee om my hare reg droog te blaas so­dat dit op hul mooi­ste lyk. Dit was as­of sy my haar Ge­hei­me Ko­de ge­gee het. Daar­die tyd het ek ge­glo ek het ses han­de, 10 bor­sels en slap lit­te no­dig om my hare net soort van ou­kei te laat lyk.

Ek het die krag van mooi hare ver­le­de Son­dag in ak­sie ge­sien toe ek by Car­l­ton Hair was, hoe elke vrou se ge­sig op­hel­der die oom­blik dat die haar­kap­per ag­ter haar staan met die hand­spie­ël en sy die vol­le ef­fek van eks­pert­kleur, ’n goeie snit en mooi droog­ge­blaas­de hare sien. Ek het selfs ge­hoor hoe een vrou op­merk dat haar nu­we voor­koms vir haar ’n keer­punt is, dat sy die angs van die laas­te paar maan­de gaan ag­ter­laat . . . (ek het die de­tail daar­van ge­hoor, want jy weet mos, men­se deel goed in ’n haar­sa­lon wat hul­le nê­rens an­ders doen nie ).

Vir ’n goeie haar­styl het jy eg­ter ge­son­de hare no­dig, en op blad­sy 38 deel die eks­perts hul mak­li­ke maar ui­ters doel­tref­fen­de wen­ke vir haar­sorg so­dat jy “wow” kan lyk.

In dié uit­ga­we deel ons ook “wow”wen­ke vir ander as­pek­te van jou lewe, van jou huis – ek weet jy jeuk om na al die slim huis­mooi­maak­wen­ke van ons de­k­or­ghoe­roe, Vicki S­leet, te gaan kyk – tot jou kle­re­kas ( jeans wat jou lyf per­fek pas) en jou maal­tye.

Ek het ’n paar maan­de ge­le­de die eer­ste keer ’n poke-bakkie ge­ëet – al die vars, ge­son­de heer­lik­heid het my so ge­luk­kig ge­maak. Die won­der­li­ke ding is dat jy dit mak­lik self kan maak as jy eers weet hoe – ons wys jou met ons s­tap-vir-s­tap-gids op blad­sy 88.

En om­dat ons smag na ’n va­kan­sie ver weg in die son (die Kers­va­kan­sie voel soos ’n leef­tyd ge­le­de), het ons ’n smul­lek­ker ver­sa­me­ling re­sep­te wat ba­sies jou bes­te va­kan­sie­he­rin­ne­rin­ge op ’n bord is: pa­el­la, par­me­saan­hoen­der, fat­toesj . . . blaai na blad­sy 96 en be­plan jou vol­gen­de kos­reis.

Ek kan nie af­sluit sonder om die bes­te “wow” van al­les te noem nie – ons lief­li­ke voor­blad met Reese Witherspoon en haar dogter, Ava. Hier­die fo­to laat my reg­tig glim­lag. Een van my groot­ste vreug­des as ou­er is om te sien hoe my seun en dogter in vol­was­se­nes ver­an­der van wie ek hou ( lief­de is van­self­spre­kend) en wat ek be­won­der, en dis ook die ge­voel wat ek kry wan­neer ek na dié fo­to kyk. Lees ons on­der­houd met Reese op blad­sy 18. Sy praat oor haar ge­sin, huis en skoon­heid, en hoe­kom sy nie meer se­nu­ag­tig is om men­se vir aand­e­te te nooi nie – nou plaas sy die klem op vreug­de en ge­luk eer­der as vol­maakt­heid.

Mag jy ’n ge­luk­ki­ge A­pril be­leef, en as jy ’n hare-af­spraak het, pro­beer jou haar­kap­per oor­tuig om ’n paar ge­hei­me met jou ook te deel . . .

Sal­ly E­me­ry, REDAKTEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.