14 Die vol­maak­te on­vol­maak­te Ga­briel­le U­ni­on

Die ak­tri­se praat oor self­waar­de, em­pa­tie en hoe sy haar dro­me ver­we­sen­lik

Goeie Huishouding - - inhoud -

GABRIEL LEUN I ONSE LE­WE IS’ NOOP BOEK En dis let­ter­lik ge­stel: Haar top­ver­ko­per-me­moi­res, We’re Going to Need Mo­re Wi­ne (Har­perCol­lins Pu­blis­hers), is heel moont­lik die mees pre­ten­sie­lo­se se­le bou­to­bi­o­gra­fie nóg. Dié ak­tri­se is o­pen­har­tig oor­sa­ke wat selfs vroue wat nié deur mil­joe­ne men­se dop­ge­hou word nie te bang is om te deel – van ’n skreeu­snaak­se er­va­ring met ’n ramp­spoe­di­ge tuis­kuur vir sproei tot haar hart­ver­skeu­ren­de ver­haal van sek­su­e­le mis­bruik. “Die boek weer­spie­ël hoe my ge­sprek­ke met vrien­din­ne en my te­ra­pie­ses­sies klink,” sê sy. “Ek kan ge­sels oor die erg­ste ding wat nóg met my ge­beur het, en dan oor prik­kel­ba­re­derm­sin­droom. Dis hoe my kop werk; dis hoe my le­we is. Ek het ge­dink dit sou on­eer­lik wees om die boek nie só te skryf nie.”

Hier­die vol­ko­me egt­heid, ’n re­la­tief on­lang­se ont­wik­ke­ling, was die ka­ta­li­sa­tor vir an­der on­lang­se suk­ses­se: Die twee­de sei­soen van haar kle­re­reeks saam met New York & Com­pa­ny is se­dert vroe­ër van­jaar in win­kels te koop, en ver­le­de jaar het sy Fla­w­less by Ga­briel­le U­ni­on, ’n haar­sor­g­reeks vir vroue met ge­teks­tu­reer­de en krul­ha­re, be­kend­ge­stel. “Ek het lank met ge­voe­lens van waar­de­loos­heid ge­wor­stel, waar­skyn­lik nog ver­le­de jaar, al het ek baie werk ge­had en al was ek re­de­lik suk­ses­vol.” (Son­der twy­fel: Se­dert haar groot deur­braak in die tie­ner­fliek Bring It On en dank­sy rol­le in lo­ket­tref­fers soos Bad Boys II en die hoog aan­ge­skre­we TV-reeks Being Mary Ja­ne is sy al twee de­ka­des lank in die kol­lig. Aan die tuis­front is sy ge­luk­kig ge­troud met D­wy­a­ne Wa­de, ’n ster van die Na­si­o­na­le Bas­ket­bal ver­e­ni­ging( N BA ), e nis sy die trot­se stief­ma van sy “goed­har­ti­ge, deer­nis­vol­le” seuns.) “Ek is deur die ja­re ge­na­der met i­dees vir din­ge soos my eie kle­re­reeks, en dan sou ek vir ’n oom­blik daar­die ge­voel kry van: Ek is ge­kies! Jip­pie! En dan: O nee, hul­le gaan ag­ter­kom dat ek eint­lik geen waar­de het nie. Deel daar­van was dat ek nie my eie styl ge­had het nie. Ek het al­tyd er­ken­ning van bui­te by an­der ge­soek. Ek het ba­sies ge­dink: Wie is nou ge­wild? Ek moet pro­beer om soos daar­die per­soon te lyk. As jy nie jou eie styl het nie, hoe gaan jy ’n reeks ont­werp?”

Sy er­ken (na­tuur­lik sal sy) dat sy nog nie die self­twy­fel-ding heel­te­mal on­der be­heer het nie, maar van wat ons kan sien, kan die pad wat sy ge­kies het om werk­lik meer haar­self te wees jou dalk ook help om meer self­ver­troue te hê. Lees hier hoe.

MAAK ’ N VREUGDELYS

“Ek het ’n te­ra­peut be­gin sien wat ge­vra het dat ek ’n ly­sie op­stel van die din­ge wat my ge­luk­kig maak, en een van my top­drie was na­ge­maak­te krap­vleis! Jy is nie op die reg­te pad as jy na­ge­maak­te krap­vleis ant­woord nie. Daar­om het die te­ra­peut vrae be­gin vra soos: ‘Waar­van hou jy nié? Wat ir­ri­teer jou? Het jy al eu­fo­rie be­leef?’ Ont­leed daar­die oom­blik­ke en jy sal be­gin uit­werk wie jy werk­lik is.”

MAAK DIE VER­LE­DE SE FOU­TE REG

“Deel van my huis­werk om my bes­te self te word was om ei­e­naar­skap van my str*** te aan­vaar. Ek moet er­ken hoe ek men­se seer­ge­maak het en sa­ke reg­stel. Ek het be­gin met die­ge­ne na aan my, maar daar is baie men­se by wie ek moet uit­kom. Ek het ’n oud­kol­le­ga by ’n Ja­net Jack­son­kon­sert raak­ge­loop en ek moes net sê: ‘Ek is so jam­mer.’ Ek was spe­si­fiek in my ver­sko­ning so­dat hy sou weet ek het ver­staan hoe­kom ek ver­keerd was. En ek het ge­luis­ter na wat ek ge­doen het, iets wat ek nie eens be­sef het ek ge­doen het nie. Ek sê nie dis mak­lik nie, maar dit het daar­toe ge­lei dat ek weer deel van se­ke­re men­se se le­we ge­word het. Nie al­mal gaan met jou vre­de maak nie, maar dis ook ou­kei.”

BETOON EM­PA­TIE WAAR DIT TEL

“Ek dink dis fas­si­ne­rend hoe mee­le­wend ons teen­oor die ster­re van werk­lik­heids­te­le­vi­sie is, maar dit dan nie vir die per­soon in die spie­ël of ons eie fa­mi­lie­le­de gun nie. Net gis­ter­aand het ek ’n jong vrou van’ n werk­lik­heid s reeks ge­sie­ne n ge­sê: ‘Hi!’ Ek het da­de­lik met haar be­gin ge­sels as­of ek haar ken, maar dit was bloot dat daar ’n ma­ra­thon­ses­sie van haar pro­gram op die TV was ter­wyl ek my ha­re laat doen het. Ek het dus ge­vóél

LINKS: Ga­briel­le saam met D­wy­a­ne ON­DER: “Dis be­vre­di­gend wan­neer men­se sê hoe goed­har­tig [die seuns] is, maar as ’n stief­ma kan jy net op so 15% van die er­ken­ning aan­spraak maak,” sê Ga­briel­le, hier saam met D­wy­a­ne, haar stief­seuns en haar sus­ters­kind ek ken haar. Maar wan­neer ie­mand van my eie fa­mi­lie ’n kwes­sie waar­mee hul­le wor­stel op Fa­ce­book deel, sou ek dink: Ons hoor die­self­de sto­rie nou al 30 jaar, mei­sie. Ek moes my­self al keer en sê: ‘Wees mee­le­wend. Jy het al der­dui­sen­de fou­te ge­maak, en ho­pe­lik het men­se deer­nis met jou.’ ”

LUIS­TER NA IE­MAND SE STO­RIE

“Op my boek­toer het dit in baie ste­de soos ’n nu­we be­gin ge­voel – so­veel ver­ha­le van mis­han­de­ling het aan die lig ge­kom ty­dens die vraag- en-ant­woord­ge­leent­heid van praat­jies en wan­neer ek boe­ke on­der­te­ken het; selfs wan­neer ek al be­sig was om weg te ry, sou men­se in tra­ne my kar pro­beer stop. Ek het nie be­sef hoe groot die be­hoef­te van so­veel men­se is om net daar­oor te praat nie, om ie­mand te hê wat hul­le in die oë kyk en sê: ‘Ek glo jou.’ Ek het baie ge­huil. Ek het ge­reeld via Sky­pe met my te­ra­peut ge- sels, aan­ge­sien die gru­ver­ha­le waar­na ek ge­luis­ter het my pos­t­trau­ma­tie­se stres­ver­steu­ring (PTSV) aan­ge­wak­ker het. Maar ek voel ek moet ’n ge­voel van vei­lig­heid en on­der­steu­ning s­kep. En ge­luk­kig het ek die hulp­mid­dels om my­self aan die ein­de van die aand te help.”

SÊ NEE VIR NE­GA­TI­WI­TEIT

“Wan­neer ie­mand be­gin skin­der, sê ek: ‘Ek kan nie.’ Hul­le sluk da­de­lik hul woor­de. Dan vra hul­le: ‘Wat? Wat kan jy nie doen nie?’ Dan sê ek: ‘Hier­na luis­ter nie. Ja, ek kan nie. Dis so ne­ga­tief. Kan ons weer ge­sels oor jou kind wat spoeg? Want dít was snaaks.” Jy moet dit met ’n sag­te aan­slag be­na­der, maar dit maak men­se stil. Ge­woon­lik het ek dit net ge­doen wan­neer daar oor ’n ge­lief­de ge­praat word – jy be­skin­der nie my vrien­de of fa­mi­lie voor my nie. Maar nou doen ek dit in die al­ge­meen, want wan­neer jy [’n ge­skin­der] in jou teen­woor­dig­heid toe­laat, selfs al stem jy nie saam of ver­sprei dit nie, deel jy deur jou stil­te in die ne­ga­tie­we e­ner­gie, en dit kom te­rug na jou toe.”

MAAK JOU DRO­ME TASBAAR

“Ek maak jaar­liks ’n vi­sie­bord. Van die fo­to’s op my eer­ste bord was van ’n haar­sor­g­reeks, Ke­nia en ’n C­le­ar­blue-swan­ger­skap­toets. Soos wat ek doel­wit­te be­reik het, kon ek na my bor­de kyk en sê: Heng, ek het hard ge­werk en ek ver­dien dit. Dit het my ge­help om nie ag­ter­dog­tig oor vreug­de te wees nie. Om nie uit vrees dat ek ver­werp sal word, iets te sa­bo­teer voor­dat ek die kans ge­had het om dit te doen nie. Die e­nig­ste goed wat nog nie ge­beur het nie, is die skoon­heids­reeks, Ma­chu Pic­chu en ’n ba­ba. Ek het al ’n po­si­tie­we stok­kie ge­had, maar ook ’n paar mis­kra­me. Dalk moet ek meer spe­si­fiek wees en ’n vrou wys wat ge­boor­te gee. Ek sal daar­die goed van­jaar weer op my bord plak en sien wat ge­beur.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.