5 RE­DES WAAR­OM ONS DAAR­VAN HOU

Goeie Huishouding - - Jou Lewe -

Ford meen dis die bes­te mo­tor wat dié han­dels­naam tot nog toe ge­maak het. Hoe­wel die nu­we Fo­cus eers vol­gen­de jaar in SA be­skik­baar sal wees, is ons al die pad Frank­ryk toe vir die in­ter­na­si­o­na­le be­kend­stel­ling om te gaan kyk pre­sies hóé fan­tas­ties hier­die mo­tor is.

nu­we baad­jie

Ford het ál­les ver­be­ter, in­slui­ten­de die ka­juit­ont­werp, ag­ter­ruim­te en al­ge­he­le ge­hal­te.

PERFEkTe AS­SIS­TeNT

Dit spog met die mees ge­so­fis­ti­keer­de be­stuur­hulp­teg­no­lo­gieë wat al in ’n Ford aan­ge­bied is.

Slim teg­no­lo­gie

Rub­ber vou ou­to­ma­ties om die bui­te­rand van die mo­tor­deu­re wan­neer jy dit oop­maak om ska­de te keer in­dien dit teen ’n muur of an­der mo­tor oop­ge­maak word.

GOed in­ge­lig

Die He­a­dup-ver­toon­skerm dui spoed, na­vi­ga­sie-in­lig­ting en ver­keers­te­kens aan.

vei­li­ger

Die ken­mer­ke be­hels on­der meer Pre-Col­li­si­on As­sist met teg­no­lo­gie wat jou van voet­gan­gers en fiets­ry­ers be­wus maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.