KAN KOS VET LAAT WEGSMELT?

As jy al­les glo wat jy aan­lyn sien, sal jy waar­skyn­lik dink daar is ho­pe won­der­kos­se wat vet kan uit­wis. Ons wens! Hier is die waar­heid . . .

Goeie Huishouding - - Jou Lyf -

BORRIE EN STERK GEKRUIDE KOSSE

Sa­me­stel­lings in borrie word ver­bind met ’n la­er ri­si­ko vir chro­nie­se in­flam­ma­sie, wat met vet­sug ver­band hou. Maar meer borrie gaan on­ge­luk­kig nie jou me­ta­bo­lis­me ver­snel nie. Wat pi­kan­te kos be­tref, is daar be­wy­se van ’n ver­band tus­sen die cap­sa­ï­sien in ris­sies en ’n ver­hoog­de me­ta­bo­lie­se tem­po. Dit kan ook vet­sel­le mo­bi­li­seer so­dat dit as e­ner­gie ge­bruik kan word. Maar jy sal ’n ton daar­van moet eet: In een stu­die het men­se wat vir 12 we­ke daag­liks ’n cap­sa­ï­sien­aan­vul­ling ge­neem het min­der as 450 g ver­loor.

WA­TER MET SUUR­LE­MOEN

’n Baie warm of baie koue dran­kie kan help om jou me­ta­bo­lis­me te ver­snel, maar die uit­wer­king duur net so­wat 30 tot 40 mi­nu­te na­dat jy dit ge­drink het. As jy ’n ge­son­de ge­wig wil hand­haaf, moet jy ge­hi­dreer bly – en as ’n paar sky­fies suur­le­moen gaan help, voeg dit ge­rus by.

“NEGATIEWEKILOJOULE”-KOSSE

Daar be­staan on­ge­luk­kig nie so iets nie. Daar is geen we­ten­skap­li­ke be­wy­se wat dié ge­wil­de sie­ning on­der­steun dat se­ke­re kosse – soos sel­de­ry en sui­ker­vrye kou­gom – die me­ta­bo­lis­me ver­snel om­dat dit so min ki­lo­jou­les be­vat en so­veel kou­e­ry verg dat jy eint­lik meer ki­lo­jou­les ver­brand as

wat jy eet nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.