ABSTRAKTE SKILDERY

’n Boek met die skil­der­kuns as sen­tra­le te­ma, en wat be­drieg­lik mak­lik lees, maar ein­de­lik veel meer om die lyf het as wat jy sou dink

Goeie Huishouding - - Jou Lewe -

HORN SE VIERDE ROMAN draai groot­liks om die le­we van Joe, ’n skil­der met ’n am­per ni­hi­lis­tie­se in­ge­steld­heid en droë hu­mor­sin. Hy ont­moet in 1985 as stu­dent ’n ga­le­ry-ei­e­naar, ene Lloyd, by ’n uit­stal­ling, en daar­na ’n slink­se kuns­han­de­laar, El­ri­ke, en be­land só in die wê­reld van ver­val­sing. Die le­ser leer ken ook die kre­a­tie­we, re­bel­se Ni­na, wat nooit eint­lik Joe se iets was nie, en in New York vir Mi­cha­el, ’n Suid-A­fri­kaan­se Jood met ab­sur­de dro­me vir hom en sy fiets. In die laas­te hoof­stuk is daar ’n wen­ding wat jou kop sal laat draai en jou skoon ver­stom laat. Wat het ge­word van Dins­dag? deur Ti­nus Horn (R285, Hu­man & Rous­seau)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.