3 DEKORIDEES MET PERSIESE MAT­TE EN KELIMS

Goeie Huishouding - - Jou Huis -

Vir ge­mak

S­kuif ’n Persiese mat half­pad on­der jou bed in (of sit een aan weers­kan­te) so­dat die eer­ste ding wat jou voe­te sog­gens tref sag­te sy of wol is. Moe­nie bang wees vir kleur nie – Persiese mat­te werk mooi saam met blou – en hou die res een­vou­dig met by­voor­beeld wit bed­de­goed.

Meer vloer­spa­sie

As jy ge­luk­kig ge­noeg is om ’n re­de­li­ke ver­sa­me­ling mat­te te hê wat jy nie ge­noeg ge­bruik nie, oor­weeg dit om ’n he­le vertrek se vloer met jou mat­te te be­dek. Persiese mat­te is ook i­de­aal vir ’n on­der­dak­stoep en kan dus help om jou leef­ruim­te na bui­te uit te brei.

Nu­we ruim­tes

Tra­di­si­o­neel word Persiese mat­te in leef­ver­trek­ke ge­bruik, maar ’n ou mat kan ook lief­lik lyk in ’n kom­buis. (Maak se­ker dis swaar ge­noeg dat jul­le nie daar­oor gaan strui­kel nie.) Of ge­bruik dit as ’n bad­mat – maak net se­ker jy laat dit ge­reeld ’n bie­tjie lug kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.