Vra Ly­net­te

Mooi­maak­wen­ke van GH se skoon­heids­ken­ner

Goeie Huishouding - - inhoud - HET JY ’N VRAAG? E-POS LY­NET­TE@ASSOCMEDIA.CO. ZA.

V“Met die so­mer om die draai sal ek bin­ne­kort weer wa­ter­be­stan­de mas­ka­ra be­gin dra, maar dis so ’n pyn om te ver­wy­der. E­ni­ge voor­stel­le om dié pro­ses mak­li­ker te maak?”

Die ant­woord hier­op is twee­le­dig.

Dis be­lang­rik om die reg­te soort wa­ter­dig­te mas­ka­ra te kies (een wat doen wat dit sê, maar ook nie ’n ge­rem en ge­trek ver­eis om dit te ver­wy­der nie). Kyk uit vir ’n mas­ka­ra wat ’n wim­per ver­sorg en­de for­mu­le en op­los­ba­re pig­men­te be­vat. Wat ver­wy­de­ring be­tref, sal ’n gri­me­ring ver­wy­der aar spe­si­fiek vir die oë jou wim­pers se bes­te vriend wees. GH kies: (1) Clarins In­stant Eye Ma­ke-Up Re­mo­ver (R345) (2) E­le­mis W­hi­te Flo­wers Eye & Lip Ma­ke-Up Re­mo­ver (R540) (3) S­mashbox It’s A Wrap! Wa­ter­p­roof Ma­keup Re­mo­ver (R405) VIR ’N DROË VEL moet jy ’n lyf­room kry wat die vel se lae deur­dring en lang­du­ri­ge hi­dra­sie bied. Lig­te af­skil­fe­ring twee tot drie keer per week met ’n lyf­bor­sel of ’n skrop met ’n sui­ker­ba­sis sal dooie vel­sel­le ver­wy­der en help dat die be­vog­ti­ger doel­tref­fen­der ge­ab­sor­beer word. Hier is drie goeie op­sies vir min­der as R100 elk. PRO­BEER: (1) Mixa An­ti-Dry­ness Bo­dy Lo­ti­on (R45,99) (2) A­veeno Nou­ris­hing S­kin Re­lief Lo­ti­on (R94,99) (3) E45 In­ten­se Re­co­ve­ry Bo­dy Lo­ti­on (R71,95)

“EK IS OP SOEK NA ’N NU­WE VOGROOM VIR MY LYF – EEN WAT MY VEL BE­HOOR­LIK SAL HI­DREER, NIE TAAI SAL VOEL NIE EN OOK NIE ’N FORTUIN KOS NIE. E­NI­GE I­DEES?”

Ly­net­te Bo­tha @ly­net­te­b_

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.