Self­ver­troue be­gin by jou!

Raak só meer self­ver­se­kerd

Goeie Huishouding - - inhoud -

1 | WEES JOU­SELF

DOEN DIT: Moe­nie voor­gee om e­ni­ge iets of ie­mand te wees nie.

HOE­KOM? Ons is al­tyd ver­tel dat “fa­ke it till you ma­ke it” die bes­te ma­nier is om meer self­ver­troue te kry, maar Kay sê dis nie so doel­tref­fend soos ons eens ge­dink het nie. “Self­ver­troue gaan nie oor voor­gee of om die skyn te be­waar nie,” ver­dui­de­lik sy. “Trou­ens, val­se self­ver­troue kan jou min­der self­ver­se­kerd laat voel, want deur jou doel­be­wus as iets voor te doen wat jy nie is nie, gee jy bloot voor om iets of ie­mand te wees.

Doen eer­der een klein, dap­per ding en dan sal die vol­gen­de een mak­li­ker wees – en kort voor lank sal die self­ver­troue moei­te­loos vloei.”

BE­GIN ... met ’n klein uit­da­ging. Dit kan iets so klein wees soos om in­ge­wik­kel­de tert­jies te bak wat jy in ’n tyd­skrif ge­sien het, maar jy sal ver­baas wees oor hoe klein pres­ta­sies jou self­ver­troue gee om gro­ter uit­da­gings te bemeester.

2 | VER­LAAT JOU GE­MAK­SO­NE

DOEN DIT: Stel jou oop vir die ri­si­ko van moont­li­ke mis­luk­king.

HOE­KOM? Jy leer uit­jou fou­te. Om te doen wat jy ken en nog al­tyd ge­doen het, is vei­lig, maar dis die vy­and van self­ver­troue. “Jy sal nie weet hoe ver jy kan gaan as jy nie jou­self druk nie,” ver­dui­de­lik Kay. “Self­ver­troue is iets wat jy op­bou deur te­rug­slae te er­vaar en jou­self met vas­be­ra­den­heid weer op te tel. Om kan­se te waag help jou om te groei en meer self­ver­troue te kry. Daar­teen­oor baat dit jou min om in jou ge­mak­so­ne te bly.”

BE­GIN ... deur meer al­le­daag­se din­ge te doen wat jy nie van jou­self sou ver­wag nie. (Jy hoef nie iets ra­di­kaals te doen soos om uit ’n vlieg­tuig te spring nie, ten­sy jy wil!) As jy by­voor­beeld uit­no­di­gings van die hand wys om­dat jy bang is jy gaan nie­mand ken nie, gaan en deel dan die eet­goed uit so­dat jy som­mer jou­self kan voor­stel. As jy eers be­sef dat “on­ge­mak­li­ke” goed (en mis­luk­king) nie so sleg is soos jy ge­dink het nie, sal jy dap­per ge­noeg voel om jou ge­mak­so­ne vir al­tyd te ver­laat.

3 | LAAT STAAN NE­GA­TIE­WE GEDAGTES

DOEN DIT: Fo­kus op die po­si­tie­we.

HOE­KOM? Vol­gens na­vor­sing aan die Ya­le-u­ni­ver­si­teit in die VSA is ’n vrou se brein nie al­tyd haar vriend wan­neer dit by self­ver­troue kom nie. Daar is in stu­dies be­vind dat vroue ge­neig is om oor pro­ble­me eer­der as o­plos­sings te tob, en om te wroeg oor hoe­kom hul­le ’n spe­si­fie­ke ding ge­doen het, hoe goed of sleg hul­le ge­vaar het, en wat al­mal an­ders dink. “Ne­ga­tie­we gedagtes draal lan­ger as po­si­tie­we gedagtes en kan soos blits ver­meer­der,” sê Kay. BE­GIN ... deur jou ne­ga­tie­we denke vir ’n paar dae in ’n dag­boek neer te skryf. “Moe­nie jou­self oor dié gedagtes kas­ty nie – dit lei bloot tot nog angs­tig­heid,” sê Kay. “Soek eer­der ’n al­ter­na­tie­we oog­punt wat jou fo­kus sal ver­nu­we.” By­voor­beeld: “Het ek my­self met iets op­ge­saal wat ek nie moes nie?” word: “Ek wou dit doen, daar­om is dit die moei­te werd om deur te druk.” Jou twee­de ge­dag­te hoef nie die eer­ste een ver­keerd te be­wys nie, maar s­kep ’n ver­dui­de­li­king wat die eer­ste een se im­pak sal ver­min­der. Nog ’n wenk is om tyd vir po­si­tie­we denke in te ruim. Her­in­ner jou­self el­ke dag aan drie din­ge wat jy reg ge­doen het. “Po­si­tie­we denke her­be­draad let­ter­lik die brein en ver­breek die kring­loop van ne­ga­tie­we gedagtes. Dit kan bin­ne we­ke ’n ver­an­de­ring in jou denke en dan jou op­tre­de ver­oor­saak.”

4 | KOM OP VIR JOU­SELF

DOEN DIT: P­leks van stil­te bly, wees trots op jou pres­ta­sies.

HOE­KOM? Vroue han­teer dik­wels die he­le kol­lig-ding ver­keer­dom. “Ons laat val die lig op ons fou­te en on­se­ker­he­de, as­ook die re­des hoe­kom ons vir se­ker sal mis­luk, maar wan­neer dit kom by er­ken­ning ont­vang en ons suk­ses­se ge­niet, tree ons in die ska­du’s in,” sê Kay. “Om ’n be­grip van jou eie wel­ver­dien­de waar­de te ont­wik­kel en te hoor hoe jy jou­self vir jou pres­ta­sies er­ken­ning gee, kweek self­ver­troue.”

BE­GIN ... deur ma­nie­re te vind om kom­pli­men­te en er­ken­ning vir jou pres­ta­sies te aan­vaar. Dit hoef nie in­ge­wik­keld – of wind­ma­ke­rig – te wees nie. Selfs ’n een­vou­di­ge “Dan­kie, ek waar­deer dit” kan jou ver­ba­send be­moe­dig laat voel.

5 | HOU OP OM JOU AAN AN­DER TE STEUR

DOEN DIT: Pro­beer om nie al­les ter har­te te neem nie. Ont­hou: Dis nie per­soon­lik nie. HOE­KOM ?“Dis so mak­lik om­te dink dat wat ook al jy ge­doen het – het­sy dit ’n suk­ses of ’n mis­luk­king was – die fo­kus van al­mal an­ders se aan­dag is,” sê Kay. “Dit is nié. Die mees­te men­se is te be­sig met hul eie le­we om hul­le te steur aan waar­mee jy be­sig is. Hier­die denk­wy­se smoor self­ver­troue.” BE­GIN ... deur te ont­hou dat as iets nie uit­werk soos jy wou hê nie, dit nie per­soon­lik is nie. Dis bloot weens om­stan­dig­he­de – en dit be­te­ken nie jy sal nooit suk­ses­vol wees nie. As jy dus nie die werk kry wat jy wou hê nie, moe­nie dink: “Hy het se­ker ge­dink ek is ’n i­di­oot toe ek sê ek kan nie Ex­cel ge­bruik nie.” Dink eer­der: “Ek het waar­de­vol­le on­der­vin­ding met daar­die on­der­houd op­ge­doen en nou weet ek wat­ter vaar­dig­he­de ek no­dig het.” Deur gedagtes met feite te be­stry – soos dat jy waar­de­vol­le ei­en­skap­pe het waar­na werk­ge­wers soek, wat die re­de is hoe­kom jy ’n on­der­houd ge­kry het, en dat jy die reg­te werk vir jóú moet kry – sal jy mak­li­ker po­si­tie­we voor­uit­gang kan maak.

Kat­ty Kay en Clai­re S­hip­man is die skry­wers van The Con­fi­den­ce Co­de (R395, Har­perCol­lins)

“JY SAL NIE WEET HOE VER JY KAN GAAN AS JY NIE JOU­SELF DRUK NIE”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.