EEN MI­NUUT MET ZU­RAI­DA

Die 43-ja­ri­ge ster met haar ein­de­lo­se e­ner­gie en po­si­tie­we uit­kyk deel haar le­wen­sin­sig­te

Goeie Huishouding - - Jou Voorkoms -

DIE HUWELIK:

“Die sterk­ste ding van my ver­hou­ding met Josh is ons kom­mu­ni­ka­sie. My man is reg­tig ie­mand met wie ek oor e­ni­ge iets kan praat, wat be­te­ken dat hy be­reid is om na e­ni­ge iets te luis­ter. En daar­die be­reid­wil­lig­heid is in e­ni­ge ver­hou­ding be­lang­rik.”

OUERSKAP:

“Ek vind hoe ou­er ek word, hoe meer pro­beer ek ’n voor­beeld vir my kin­ders stel. P­leks van vir hul­le te sê wat om te doen en nie te doen nie, pro­beer ek hul­le deur my voor­beeld leer.”

SO­SI­A­LE ME­DIA:

“Egt­heid in die so­si­a­le me­dia werk reg­tig vir my. Ek is baie eer­lik met my vol­gers, ver­al in Instagram-s­to­ries, en ek dink hul­le waar­deer dit om­trent my.”

OU­ER WORD:

“Ek is baie jonk van gees. Ek hou in my 40’s steeds van baie van die goed waar­van ek in my 20’s ge­hou het. Ek dink nie ek het so baie ver­an­der nie. Ek sit dik­wels en dink: Wat be­te­ken dit om ’n vol­was­se­ne te wees? Ja, ek het al baie groei en er­va­rin­ge in my le­we ge­had, maar in my hart voel ek nog so jonk en ek hoop dit bly al­tyd só.”

STU­DEER:

“Ek het ont­dek dat dit taam­lik moei­lik kan wees om ba­lans te vind. Ek is ’n vol­tyd­se stu­dent en het steeds my rol as ’n vrien­din, ’n ou­er en ’n le­wens­maat. Dit kan ’n uit­da­ging wees om daar­die ba­lans te pro­beer hand­haaf – en dis iets wat ek el­ke dag pro­beer reg­kry. Maar ek ge­niet dit om vol­tyds stu­dent te wees. Dis so lek­ker om deel van die stu­den­te­kul­tuur en tus­sen men­se te wees wat ba­sies die helf­te van my ou­der­dom is. Daar is stu­den­te wat my be­son­der baie on­der­steun of be­ïn­vloed het in my ja­re op u­ni­ver­si­teit, en ek koes­ter en waar­deer dit.”

SELF­VER­TROUE:

“Ont­hou al­tyd dat jy ge­noeg is en oe­fen dit deur jou­self te aan­vaar en dank­baar te wees vir wie jy is. As jy jou­self met an­der ver­ge­lyk, sal jy meer fo­kus op wat jy nié is nie. En deur dit te doen, sal jou liefde vir jou­self al­tyd te­kort­skiet.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.