En­jins brul vir ou­es van dae

Graaff-Reinet Advertiser - - Graaff-reinet -

GRAAFF-REI­NET — Die mo­tor­fiet­se se en­jins het be­hoor­lik ge­brul deur Graaff-rei­net die pas af­ge­lo­pe Sa­ter­dag­og­gend ty­dens die Wan­ted Mo­tor­fiets­klub se jaar­lik­se Toi­let Run.

Le­de en on­der­steu­ners van dié klub het laat­og­gend by ‘n vul­sta­sie in Kerk­straat by­me­kaar ge­kom, van­waar hul ge­ry het na Huis van de Graaff - ‘n plaas­li­ke te­huis vir be­jaar­des.

Met hul aan­koms by die te­huis het hul ‘n sken­king van toi­let­wa­re aan die be­stuur en in­wo­ners oor­han­dig.

Die dorp se mo­tor­fiet­sers het ge­wys hul­le gee om, so ook le­de van an­der klubs wat ter on­der­steu­ning van dié i­ni­si­a­tief van o­ral in die om­ge­wing ge­kom het om dié dag ten ba­te van die ou­es van dae te ge­niet.

Na af­loop van die oor­han­di­ging en rit deur die dorp het die mo­tor­fiet­sers by hul klub­huis ge­sel­lig saam ver­keer. Die ou­e­te­huis sê dan­kie vir die on­der­steu­ning - dit is vir hul­le kos­baar en wys hoe­veel die ge­meen­skap om­gee vir die be­jaar­des van die dorp.

Die be­stuur van die Wan­ted Mo­tor­fiets­klub be­dank graag ie­der en elk wat by­ge­dra het tot die dag deur mid­del van sken­kings en hul deel­na­me, so ook vir Al­maré Fou­rie en Roe­lien van de Put­te vir hul voort­du­ren­de goed­ge­sind­heid.

Die Toi­let Run-deel­ne­mers saam met die be­stuur en in­wo­ners van Huis van de Graaff.

Huis van de Graaff se be­stuur­der El­len Prins­loo (mid­del) saam met die Wan­ted Mo­tor­fiets­klub se p­re­si­dent Pa­trick Goltz en vi­se-p­re­si­dent Neels Eras­mus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.