Paar­tjie vier hul 60ste hu­we­liks­her­den­king

Graaff-Reinet Advertiser - - Aberdeen -

MID­DEL­BURG — ‘n Be­ken­de be­jaar­de paar­tjie van Mid­del­burg het on­langs hul di­a­mant-hu­we­liks­her­den­king ge­vier.

Dr Piet Roux en sy eg­ge­no­te Ja­ne is op 6 Ju­lie 1957 ge­troud en her­denk dus dié jaar hul trou­dag vir die 60ste keer.

Die Roux-eg­paar het die merk­waar­di­ge ge­beur­te­nis op Sa­ter­dag, 8 Ju­lie, met ‘n ge­sel­lig­heid saam met fa­mi­lie, kin­ders en klein­kin­ders by die Cel­tis Coun­try Lod­ge & Re­stau­rant in Mid­del­burg ge­vier.

Die le­gen­da­rie­se Ka­roo-we­ten­skap­li­ke, wei­dings­e­ko­loog en plant­kun­di­ge, Dr Piet Roux, het ook op 8 Mei dié jaar sy 90ste ver­jaars­dag ge­vier!

Piet en Ja­ne is wel­be­ken­des in Mid­del­burg - hul­le was ja­re lank ver­bon­de aan die Groot­fon­tein Land­bou­kol­le­ge waar Dr Roux ook as di­rek­teur van die kol­le­ge ge­dien het.

Dr Roux het in 1968 sy PHD oor die e­ko­lo­gie van S­torm­berg­plat­blaar­gras (Te­tra­chne) ver­werf. Hy is ‘n ken­ner van Suid-a­fri­ka se a­rie­de ge­bie­de en ook ‘n droog­te des­kun­di­ge. Dr Roux het baan­bre­kers­werk oor Veld­be­stuur en Ka­roo­plan­te­groei ge­doen, ver­al oor S­torm­berg­plat­blaar­gras.

Die ge­sel­lig­heid wat deur hul dog­ter An­kie ge­re­ël is, was ‘n groot suk­ses en daar was tot laat Sa­ter­dag­aand ge­kui­er en ge­sels. Die Roux-eg­paar spreek graag hul dank uit teen­oor al­mal wat van ver af ge­reis het om dié funk­sie by te woon.

Ja­ne en Piet Roux is 60 jaar ge­troud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.