Skoen­ma­ker, skoen­ma­ker, maak vir my ’n skoen

Graaff-Reinet Advertiser - - Colesberg -

Ba­sie Piek

COLESBERG — Wan­neer jy in die hoof­straat van Colesberg op­ry, vang jou oog on­wil­le­keu­rig hier­die mid­del­ja­ri­ge man ag­ter sy werks­ta­fel wat al­tyd be­sig is met iets waar­aan hy werk.

Sy naam is Chris­ti­aan Ani en is hy oor­spronk­li­ke van Ni­ge­rië. Eers is hy baie skug­ter, maar na­ma­te ek met hom ge­sêls, be­gin sy per­soon­lik­heid blom.

Hy het on­ge­veer in 2013 van­af Jo­han­nes­burg na Colesberg ge­kom om sy self­ge­leer­de be­roep as skoen­ma­ker/her­stel­ler hier te be­oe­fen. Ter­wyl hy met my ge­sêls werk die els in sy hand oor­tyd. Hy noem dat hy net tot Stan­derd 2 skool ge­gaan het en toe moes gaan werk.

Sy hand­ge­reed­skap en ver­skil­len­de skoen­so­le lê net­jies uit­ge­stal in hier­die o­pe­lug werks­a­rea van hom. Men­se kom en gaan rond­om hom, maar dit maak geen in­druk op hom nie. Sy aan­dag is net by sy werk.

Hy is ge­troud met vier kin­ders. Hier­die “be­sig­heid” is sy al­les. Waar dit vir baie men­se moont­lik as min­der­waar­dig be­skou sal word, is hier­die werk wat hy met trots ver­rig, sy le­wens­boei.

Selfs ek moet er­ken dat dit wat ek hier sien ge­beur, self ‘n bie­tjie on­se­ker­heid in my ge­moed laat deur­ske­mer.

Lag­gend ver­tel hy my dat hy hier­die taak al vier jaar doen en dat hy nie be­kom­merd is nie. Par­ty dae is die be­sig­heid goed en dan die vol­gen­de dag is dit min­der goed. Hy wil nie weg­gaan nie – hier­die is sy le­we! Na­dat ek hom ge­groet het en weg­stap sê hy vrien­de­lik “En­joy your day”. Ek weet da­de­lik dat as ek weer ver­by hom ry, ek met ‘n an­der oog na hom sal kyk.

Chris­ti­aan Ani voor sy werks­ta­fel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.