Oud-co­les­ber­gers bring weer be­soek aan dorp

Graaff-Reinet Advertiser - - Middelburg -

COLESBERG — Neels en Bets Sny­man is tans met be­soek aan Colesberg en moes nood­ge­dwon­ge er­ken dat in­dien jy een keer Colesberg se wa­ter ge­drink het, jy weer de­fi­ni­tief hier­heen sal te­rug­keer.

Na­dat hul­le in Ja­nu­a­rie 2017 na G­len­ta­na ver­huis het, kon Neels nie stil­sit nie en het hy vir hom ‘n boot aan­ge­skaf waar­mee hy op die groot wa­ters vis­vang. Nou het die ver­lan­ge na Colesberg en sy men­se hom ge­dwing om te kom kui­er.

Neels was in sy tyd­perk in Colesberg gro­ten­deels be­trok­ke by die be­dryf van slag­hui­se. Hy het in on­ge­veer 1983 saam met Hen­nie van der Walt die ou slag­huis van Koos Pie­naar be­dryf. Dit was be­kend as “Neels se slag­huis”.

On­ge­veer 10 jaar la­ter (1993) het hy die slag­huis on­der die “Pop Inn” ge­koop en dit tot 2000, ook on­der die naam “Neels se slag­huis”, be­dryf.

Hy ver­koop toe die plek aan ene Ar­lin­do de San­tos van A­li­wal-noord.

Hy het daar­na op die plaas Bos­berg, in die Colesberg-dis­trik, gaan boer tot en met sy ver­hui­sing na G­len­ta­na. Hy was be­kend vir die lek­ker wors wat hy ge­maak het.

Dit word ver­trou dat hul­le lek­ker gaan kui­er en dat dit aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge sal op­diep

Neels en Bets Sny­man ty­dens hul be­soek aan Colesberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.