Heu­nis le­wer so­veel­ste blink ver­to­ning

Graaff-Reinet Advertiser - - Graaff-reinet -

GRAAFF-REI­NET — Net ver­le­de week is daar ge­sê daar was nog nie ‘n nor­ma­le spoed wed­vlug van­af die Noord­pad nie, en dié na­week re­a­li­seer daar­die wed­vlug toe vir die le­de van die Me­ri­no Pos­duif­klub met ‘n wen­spoed van 1426 me­ter per mi­nuut.

In die Jaar­oud-af­de­ling, waar daar slegs 27 dui­we ge­mand­jie was, was daar met uit­lui slegs 13 te­rug ge­wees, hier­van het Garth Heu­nis 11 plek­ke be­haal en Ge­or­ge du P­les­sis en Ka­roo Hok­ke elk een.

In die Ope-af­de­ling, waar die le­de 52 dui­we ge­mand­jie het, het Heu­nis ‘n weg­breek-duif ge­had van so­wat 6 mi­nu­te voor die t­wee­de duif in die klub. Sy wen­tyd met ‘n 07:30-los­la­ting op Ma­hi­keng (721 km) was om 15:55 tuis ge­wees. Heu­nis het hier die eer­ste vyf plek­ke be­haal met Pier­re Els wat ses goeie plek­ke van­af 6 tot 12 ge­vat het. B­lig­naut Hok­ke, Da­vid Hamp­ton en Ge­or­ge du P­les­sis het elk­een ook ‘n paar plek­ke be­haal. Die klub se vol­gen­de wed­vlug is van­af Zeerust (775km).

Ope-af­de­ling: Garth Heu­nis A: 1, 2, 4, 5, 21, 24 en30. Garth Heu­nis B: 3, 9, 18, 20, 23 en 29. Pier­re Els: 6, 7, 8, 10, 11, 12 en 14. B­lig­naut Hok­ke: 13 en 17. Da­vid Hamp­ton: 15, 16, 22, 25 en 26. Ge­or­ge du P­les­sis: 19, 27 en 28.

Jaar­oud-af­de­ling: Garth Heu­nis B: 1, 5, 7, 9 en 13. Garth Heu­nis A: 3, 4, 6, 8, 10 en 11. Ge­or­ge du P­les­sis: 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.