Gholf­klub hou ge­slaag­de Me­ga­ram-borg­dag

Graaff-Reinet Advertiser - - Colesberg -

CO­LES­BERG — Sa­ter­dag, 23 Sep­tem­ber, in win­de­ri­ge toe­stan­de, het die ghol­fers dit uit­ge­spook vir ‘n eer­ste po­si­sie in die jaar­lik­se Me­ga­ram-borg­dag.

As daar na die pun­te ge­kyk word, was dit uit­haal-en-wys ge­leent­heid op sy bes­te.

Die dag se wen­ner is P Ba­den­horst (Jnr) met 65 pun­te. Hy word ge­volg deur A Bek­ker in die twee­de plek met 66 pun­te en A O­li­vier in die der­de plek met 66 pun­te.

Naas­te aan pen: A­brè de Vil­liers en Pie­ter Ba­den­horst (Jnr).

Oc­kert Oost­hui­zen is die dag se ju­ni­or wen­ner. An­dries (Tot) Pie­naar van die be­ken­de Me­ri­no-stoet boer­de­ry te K­lip­plaats­fon­tein (132 jaar al in fa­mi­lie), het ge­noem dat hy die af­ge­lo­pe paar jaar net ge­voel het om iets spe­si­aal vir die gholf­klub te doen weens hul ak­tie­we en doel­ge­rig­te be­dryf van die klub.

Hy het ge­noem dat die klub trots kan wees met dit wat hul­le al be­reik het.

S­te­fan de Wit het hom be­dank vir sy vol­ge­houe borg­skap.

Selfs die se­ni­or bur­gers - Jim­my Se­ar­le en Ka­rools Ven­ter - het pry­se ont­vang.

A Bek­ker (kap­tein) saam met die wen­ner van die Me­ga­ram-borg­dag P Ba­den­horst (Jnr) en A Pie­naar (borg).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.