Pier­re Els do­mi­neer wed­vlug­te

Graaff-Reinet Advertiser - - Colesberg -

GRAAFF-REINET — Die na­week se wed­vlug van die Me­ri­no Pos­duif­klub van­af Laings­burg was ‘n sta­di­ge een met die heer­sen­de Oos-suid­oos­te win­de wat ge­waai het.

Pier­re Els het eg­ter ‘n baie goeie wed­vlug be­leef toe hy bei­de die Jaar­oud- en die Ope-wed­vlug­te ge­wen het met ‘n spoed van net oor die 1000 mpm.

Garth Heu­nis het ook ‘n goeie vlug ge­had met sy eer­ste klom­pie dui­we te­rug.

Met uit­lui tyd was daar slegs 41 dui­we te­rug uit die 99 ge­stuur. Die res het meest­al Son­dag te­rug ge­kom. Vir die ou dui­we­boe­re be­te­ken ‘n Oos­te­wind al­tyd ‘n har­de wed­vlug en dit was die laas­te twee we­ke be­slis weer die ge­val. Die vol­gen­de wed­vlug is van­af die Wes­kus-dorp, Nu­we­rus, oor ‘n af­stand van 600km. Die vol­le­di­ge uit­slae is as volg:

Ope-wed­vlug (Slegs 20 ge­klok):

Pier­re Els: 1, 3, 5, 6 en 13. Garth Heu­nis A: 2, 9 en 12. Garth Heu­nis B: 4 en 20. Da­vid Hamp­ton: 7, 10, 11 en 17. An­ton E­ver­son: 8 en 19. Ge­or­ge du P­les­sis: 14. JR Ma­rais: 15, 16 en 18.

Jaar­oud-wed­vlug (Slegs 21 ge­klok):

Pier­re Els: 1, 2, 3, 4, 8, 18 en 21. Garth Heu­nis B: 5 en 19. Garth Heu­nis A: 7 en 15. Ge­or­ge du P­les­sis: 6. Da­vid Hamp­ton: 9, 12 en 16. Oswald van Gent: 10. JR Ma­rais: 11, 13, 14 en 20. B­lig­naut Hok­ke: 17.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.