Wel­doe­ner se na­la­ten­skap ge­vier

Graaff-Reinet Advertiser - - Graaff-reinet -

GRAAFF-REINET — Sak­kie van Zyl, voor­ma­li­ge mu­ni­si­pa­le raads­lid en be­ken­de sa­ke­man, het on­langs die na­la­ten­skap van T­heo Ti­js­sen op ’n ge­pas­te wy­se by Rei­net­huis ge­vier.

T­hi­js­sen, ’n Ne­der­lan­der, het be­kend­heid ver­werf vir sy hu­ma­ni­tê­re werk in Graaff-reinet.

Oor ’n tyd­perk van baie ja­re het sy by­dra­es ge­wis­sel van die sin­king van boor­ga­te by sko­le, die be­fond­sing van leer­krag­te se sa­la­ris­se, op­voed­kun­di­ge toe­re vir leer­ders en selfs die op­rig­ting van speel­par­ke by sko­le.

Oor ’n tyd­perk wat vir meer as ’n de­ka­de strek, het Ti­js­sen fond­se in Ne­der­land in­ge­sa­mel om hier­die pro­jek­te te be­fonds.

Kort voor sy dood in Sep­tem­ber 2017, het T­hi­js­sen ’n be­drag be­wil­lig om die be­jaar­des van die voor­heen­be­na­deel­de ge­meen­skap­pe van Kroon­va­le, U­ma­si­zak­he, San­ta, As­her­vil­le en Ge­luks­dal op ’n so­si­a­le by­een­koms te trak­teer waar­ty­dens hul­le kon ge­sels oor die ver­le­de en ver­al oor die in­vloed wat A­part­heid op hul­le le­wens ge­had het.

Ty­dens hier­die ge­leent­heid is hul­le her­in­ne­ring ook deur per­so­neel van die Graaff-reinet Mu­seum as deel van hul­le mon­de­lin­ge-oor­le­we­rin­ge­pro­jek, op­ge­neem. Dit sou Ti­js­sen se laas­te wel­wil­lend­heids­daad wees.

Ty­dens hier­die ge­leent­heid het Van Zyl ook uit Je­sa­ja 43:18 ge­lees en ge­maan dat die ver­le­de ver­geet moet word en dat op die toe­koms ge­bou moet word. El­ke gas het, na ’n heer­li­ke ete deur van Zyl voor­be­rei, ’n pak­kie ont­vang wat ’n ys­kas­mag­neet met ’n fo­to van Ti­js­sen en sy vrou, as aan­den­king in­ge­sluit het.

Ti­js­sen se na­la­ten­skap leef voort in die ge­meen­skap wat hy met oor­ga­we ge­dien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.