K­rie­ket-toer­nooi loop oor van gees

Graaff-Reinet Advertiser - - Colesberg -

MID­DEL­BURG — Oor die na­week van 22 en 23 Sep­tem­ber het Ho­ër­skool Mid­del­burg teen Ho­ër­skool Harts­wa­ter mee­ge­ding in ‘n twee-dag k­rie­ket-toer­nooi te Mid­del­burg.

Ty­dens Vry­dag se Pro 20-wed­stryd het Harts­wa­ter se MJ van Nie­kerk 77 lo­pies van 38 bal­le af­ge­le­wer. Mid­dies het goed te­rug­ge­veg en het C­li­ve Green 29 lo­pies van 11 bal­le aan­ge­te­ken.

Harts­wa­ter wen die Pro 20 met 18 lo­pies. Sa­ter­dag is daar ‘n 40 beurt-wed­stryd tus­sen dié twee span­ne ge­speel waar­ty­dens Harts­wa­ter eer­ste ge­kolf het.

Mid­dies se veld­werk as­ook hul boul­werk was puik. Elk­een bou­ler in die span het paal­tjies ge­vat en haal Mid­dies vir Harts­wa­ter al­mal uit vir 71 lo­pies na 20 boul­beur­te. Mid­dies wen met 10 paal­tjies.

A­sof hul­le nog nie ge­noeg oe­fe­ning ge­had het nie, het die gees­drif­ti­ge krie­ket­spe­lers van dié twee sko­le na aàoop van die Pro 40 ‘n ver­de­re Six-a-si­de wed­stryd ge­speel. Die twee span­ne het vier span­ne ge­maak en het die spe­lers die ver­de­re ak­sie­be­laai­de wed­stry­de baie ge­niet. C­li­ve Green se span is aan­ge­wys as die wen­ners!

Die spe­lers van die toer­nooi is Harts­wa­ter se MJ van Nie­kerk en C­li­ve Green van Mid­dies.

Dit was ‘n heer­li­ke krie­ket­na­week en die spe­lers hoop dat dit ‘n jaar­lik­se in­stel­ling tus­sen dié twee sko­le sal kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.